Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Augustus
- 1877 – Asaph Hall ontdek Mars se kleinste en verste maan, Deimos.
- 1883 – Die laaste kwagga sterf in 'n Amsterdamse dieretuin.
- 1944 – Die stad Nantes, Frankryk, word deur die Geallieerdes bevry tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1949 – Protokol rakende die beskerming van slagoffers van gewapende konflikte word by die Geneefse konvensies gevoeg.
- 1953 – Die Sowjetunie laat sy eerste waterstofbom ontplof.