Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/12 Maart
12 Maart: Onafhanklikheidsdag in Mauritius (1968)
- 1913 – Canberra word die hoofstad van Australië (bekend as Canberra Day).
- 1930 – Mahatma Gandhi begin die Sout-Satyagraha: 'n 24 dae lange staptog oor 320 km om protes aan te teken teen die Britse belasting op sout in Brits-Indië.
- 1938 – Oostenryk word deur die Duitse weermag beset en word Ostmark, 'n provinsie in die Duitse Ryk.
- 1940 – Die Moskouse Vredesverdrag word onderteken en dit bring 'n einde aan die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie.
- 1968 – Mauritius word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1999 – Die voormalige Warskouverdraglande Hongarye, Pole en Tsjeggië sluit by die NAVO aan.