Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/15 Maart
15 Maart: Ides van Maart.
- 44 v.C. – Julius Caesar van die Romeinse Republiek word deur Marcus Junius Brutus en verskeie ander Romeinse senators op dié dag, die "Ides van Maart", doodgesteek.
- 1493 – Christophorus Columbus keer terug na Spanje ná sy eerste reis na die Amerikas.
- 1820 – Maine word die 23ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1877 – Krieketspelers wat Engeland en Australië verteenwoordig, speel die eerste toetswedstryd by die Melbourne-krieketveld.
- 1917 – Tsaar Nikolaas II van Rusland word gedwing om te abdikeer net ná die Februarie-rewolusie en dit beëindig drie eeue van Romanof-heerskappy.