Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/22 Februarie
22 Februarie: Onafhanklikheidsdag in St. Lucia (1979)
- 1819 – Kragtens die Adams-Onís-verdrag verkoop Spanje Florida aan die Verenigde State vir vyf miljoen Amerikaanse dollar.
- 1788 – Arthur Schopenhauer, die 19de-eeuse Duitse filosoof, word in Danzig, Pole, gebore.
- 1979 – St. Lucia word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1987 – Andy Warhol, 'n Amerikaanse kunstenaar, avant-garde-rolprentmaker, skrywer en sosiale figuur, sterf in New York tydens 'n roetine-galblaasoperasie.
- 1990 – T.O. Honiball, wat bekend staan as die skepper van die Afrikaanse strokiesprent, sterf in Montagu.