Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Februarie
26 Februarie: Vryheidsdag in Koeweit (1991)
- 964 – Die afgesette Pous Johannes XII laat sy opvolger Pous Leo VIII afset en vervang met Pous Benedictus V.
- 1815 – Napoleon Bonaparte ontsnap uit bannelingskap op Elba.
- 1935 – Adolf Hitler herstig die Duitse Luftwaffe en verbreek hiermee die Verdrag van Versailles wat ná die Eerste Wêreldoorlog geteken is.
- 1981 – Die Franse sneltrein TGV stel 'n nuwe wêreldrekord op toe dit 'n snelheid van 381 km/h bereik naby Tonnerre.
- 1993 – 'n Paneelwa ontplof in die ondergrondse parkeerplek van die World Trade Center in New York, ses mense sterf en meer as 1 000 word beseer.