Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Maart
26 Maart: Onafhanklikheidsdag in Bangladesj (1971)
- 1707 – Kragtens die Acts of Union smelt die Koninkryke van Engeland en Skotland saam in die Koninkryk van Groot-Brittanje.
- 1812 – ’n Aardbewing verwoes Caracas, Venezuela.
- 1881 – Domnitor Carol I van Hohenzollern-Sigmaringen word die eerste koning van Roemenië.
- 1902 – Cecil John Rhodes, die Brits gebore Suid-Afrikaanse sakeman, mynmagnaat en politikus, sterf.
- 1999 – Die Melissawurm tas e-posstelsels regoor die wêreld aan.