Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 Augustus
27 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Moldowa (1991)
- 1901 – Imvo Zabantsundu, die eerste onafhanklike swart koerant in Suid-Afrika, word tydens die Tweede Vryheidsoorlog verbied.
- 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Duits-Togo word deur Britse en Franse troepe beset.
- 1919 – Oorlede: Generaal Louis Botha, held van die Tweede Vryheidsoorlog en latere eerste minister van die Unie van Suid-Afrika.
- 1933 – Die eerste volledige Bybel in Afrikaans word in gebruik geneem.
- 1941 – Die voormalige eerste minister van Frankryk Pierre Laval oorleef 'n sluipmoordpoging.
- 1975 – Haile Selassie, laaste keiser van Ethiopië, sterf.
- 2003 – Mars kom die naaste aan die Aarde in byna 60 000 jaar.