Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/2 Desember
2 Desember: Nasionale Dag in die Verenigde Arabiese Emirate (1971)
- 1804 – Napoleon Bonaparte word in die Notre Dame-katedraal in Parys gekroon as Franse keiser.
- 1915 – Albert Einstein publiseer sy algemene relatiwiteitsteorie.
- 1942 – Onder leiding van Enrico Fermi skep die Manhattan-projekspan by die Universiteit van Chicago die eerste selfonderhoudende kernkettingreaksie.
- 1961 – Kuba se leier, Fidel Castro, verklaar dat hy 'n Marxis-Leninis is en dat Kuba kommunisme aanneem.
- 1971 – Die Verenigde Arabiese Emirate word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.