Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Desember
5 Desember: Vadersdag in Thailand, Sint Nikolaas-vooraand in verskeie Europese lande; Internasionale Vrywilligersdag
- 1484 – Pous Innocentius VIII publiseer die bul "Summis desiderantes affectibus", wat die heksejag instel.
- 1492 – Christophorus Columbus word die eerste Europeër wat voet aan wal sit op die eiland Hispaniola (nou Haïti en die Dominikaanse Republiek).
- 1894 – Gebore: C.R. Swart, eerste president van die Republiek van Suid-Afrika.
- 1934 – Die Verenigde Party van Suid-Afrika word gestig met genls. James Barry Munnik Hertzog as leier en Jan Christian Smuts as onderleier.
- 1945 – Vlug 19, 'n eskader van vyf Grumman TBF Avenger-torpedobomwerpers van die Amerikaanse Vloot, verdwyn in die Bermudadriehoek.