Witstompneus
Die witstompneus (Rhabdosargus globiceps) is 'n endemiese vis wat aan die Suider-Afrikaanse kus voorkom, vanaf Angola tot by die Qorarivier net suid van Port St Johns. In Engels staan die vis bekend as die White stumpnose.
Witstompneus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. globiceps
|
Binomiale naam | |
Rhabdosargus globiceps (Valenciennes, 1830)
|
Voorkoms
wysigDie vis is silwerkleurig met 5 – 7 dowwe horisontale strepe oor die lyf. Die vis word tot 50 cm lank en weeg dan 2,8 kg. Dit is 'n smaaklike eetvis.
Habitat
wysigHulle kom in seewater met rotsgebiede en sanderige bodems voor, vanaf die strand tot by 'n diepte van 120 m. Die vis kan nie van geslag verander nie. Hulle skiet naby die kus kuit gedurende die lente en somer.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7