Woiwodskap Subkarpate
Die Woiwodskap Subkarpate (Pools: województwo podkarpackie) is een van 16 woiwodskappe in die Republiek van Pole. Dit is met die administratiewe hervorming van 1999 deur die samesmelting van die vroeëre woiwodskappe Rzeszów, Przemyśl en Krosno geskep. Die administratiewe hoofstad en grootste stedelike nedersetting is Rzeszów.
| |||
---|---|---|---|
Kaart | |||
Wapen en vlag | |||
Basiese gegewens | |||
Hoofstad: | Rzeszów | ||
Woiwode: | Małgorzata Chomycz | ||
Woiwodskapsmaarskalk: | Mirosław Karapyta | ||
Grootste stad: | Rzeszów | ||
ISO 3166-2: | PL-PK | ||
Nommerplate: | R | ||
Bevolking: | 2 103 505 (2011) | ||
Bevolkingsdigtheid: | 118 inw./km² | ||
Geografie | |||
Oppervlakte: | 17 845,66 km² | ||
- waarvan land: | ? km² | ||
- waarvan water: | ? km² | ||
Strekking: | Noord-suid: tot 180 km Wes-oos: tot 169 km | ||
Hoogste punt: | 1346 m bo seevlak | ||
Laagste punt: | 138 m bo seevlak | ||
Landskapstruktuur | |||
Bosse: | 36,9 % | ||
Waterliggame: | ? % | ||
Landbou: | 42,6 % | ||
Ander: | ? % | ||
Administratiewe indeling | |||
Selfregerende stede: | 4 | ||
Powiat (landelike munisipaliteite): | 21 | ||
- Nedersettings sonder stadstatus: | 159 | ||
- Stedelike nedersettings: | 45 | ||
Die Woiwodskap Subkarpate is in die uiterste suid-ooste van Pole geleë en grens aan Oekraïne en Slowakye. Die suide van die woiwodskap word deur die berglandskap van die Karpate oorheers. 'n Groot deel van die gebied word deur die Oostelike Beskiede-bergreeks met die Bieszczady, die Lae Beskiede en die Beskiede-voetheuwels (Pogórze Beskidzkie) beslaan.
Ekonomie
wysigBehalwe vir swawel- en gasontginning en enkele swaar nywerhede (in Tarnobrzeg is in die 1930's wapenfabrieke en in 1960 'n swaelsuur-kombinat opgerig) word die Subkarpate deur 'n lae vlak van industrialisering gekenmerk wat van die streek een van die armstes in die land maak.
Die streek is derhalwe nie deur besoedeling geraak nie. Danksy sy ongerepte natuurskoon het die Bieszczady-bergreeks met sy stap- en fietsroetes en wintersportgeriewe tot 'n gesogte trekpleister vir natuurtoeriste en skigeesdriftiges uit Pole en die buiteland ontwikkel, alhoewel toeristegeriewe en openbare vervoer nog nie ontwikkeld genoeg is vir massa-toerisme nie.
Die Nasionale Bieszczady-park met 'n oppervlak van 27 800 hektaar is in 1973 gestig.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Woiwodskap Subkarpate. |
- Woiwodskap Subkarpate. Amptelike webtuiste in Pools en Engels
- Kastele en paleise van Podkarpacie Geargiveer 18 Maart 2011 op Wayback Machine
- Podkarpacie / Bieszczady – fotogalery Geargiveer 4 April 2007 op Wayback Machine
Woiwodskappe van Pole | |
---|---|
Ermland-Masurië | Woiwodskap Groot-Pole | Heilig Kruis | Subkarpate | Klein-Pole | Kujawië-Pommere | Lebus | Łódź | Lublin | Masowië | Neder-Silesië | Opole | Podlachië | Pommere | Silesië | Wes-Pommere |