7’s Premierliga
Die 7’s Premierliga was ’n rugbykompetisie wat geskoei is op die formaat van die Indiese Premierliga-kriekettoernooi. Die eerste toernooi van hierdie kompetisie het op 14 en 15 Desember 2012 op Outeniekwapark in George plaasgevind.[1][2]
7’s Premierliga | |
' | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2012 |
Gestaak | 2013 |
Eienaar | Suid-Afrikaanse Rugbyunie |
Inwydingseisoen | 2012 |
Deelnemende lande | Suid-Afrika |
Aantal spanne | 12 |
Mees onlangse kampioen | Samurai Sevens (2012) |
Borg(e) | NBM Groep |
Die toernooi het bestaan uit twaalf spanne wat met die steun van privaatbeleggers die lig gesien het.
Die idee agter die toernooi was om die rugbyunie van die Suidwestelike Distrikte, die Arende, ’n finansiële hupstoot te gee nadat die Suid-Afrikaanse been van die Internasionale Rugbyraad (nou Wêreldrugby) se internasionale sewesreeks na Port Elizabeth geskuif is en nadat die rugbyunie se beroepsarm in 2011 gelikwideer is.
Spanne
wysigDie twaalf spanne wat aan die in inleidingstoernooi deelgeneem het, was:[3]
7’s Premierligaspanne | ||
Spannaam | 2012 | 2013 |
---|---|---|
Blou Bulle | 6de | N.v.t. |
Boland Kavaliers | 8ste | N.v.t. |
Eye of the Tiger | N.v.t. | 10de |
Cheetahs | 2de | 11de (gedeelde plek) |
Kaizer Chiefs | 7de | 7de (gedeelde plek) |
Kenya Shujaa | N.v.t. | 3de |
Goue Leeus | 9de, Bakwenners | N.v.t. |
Luiperds | N.v.t. | 9de, Bakwenners |
Living Ball | 5de, Plaatwenners | 5de, Plaatwenners |
Masakhane Old Boys | N.v.t. | 11de (gedeelde plek) |
Mighty Mohicans | 12de | N.v.t. |
Natalse Haaie | 4de | 6de |
NBM All Stars | 3de | N.v.t. |
Samurai Sevens | 1ste, Bekerwenners | 1ste, Bekerwenners |
SWD Arende | N.v.t. | 4de |
Unlimited Titans | N.v.t. | 2de |
Vikings | 11de | N.v.t. |
Westelike Provinsie | 10de | 7de (gedeelde plek) |
Verwysings
wysig- ↑ (af) Jordaan, Pieter (14 Februarie 2012). "George kry sewes met R1 m op die spel vir wenner" (html). Beeld. Besoek op 15 Februarie 2012.[dooie skakel]
- ↑ (af) "7'sPL gereed om George te skud" (html). Sport24. 14 Februarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 15 Februarie 2012.
- ↑ (en) "7s Premierliga – Spanne". 7s Premier League. Besoek op 26 November 2012.