Albakoor
Die albakoor (Thunnus alalunga) is 'n roofvis wat deel van die Tunafamilie is en kom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika voor en wêreldwyd in koeler, dieper water. In Engels staan die vis bekend as die Longfinfin Tuna of Albacore. Die vis is 'n gewilde sportvis.
Albakoor | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Tribus: | Thunnini
|
Genus: | |
Spesie: | T. alalunga
|
Binomiale naam | |
Thunnus alalunga (Bonnaterre, 1788)
|
Vorm
wysigDie vis is torpedovormig, donkerblou aan die bokant en terwyl die sye en pens silwergrys is. Die vinne is geel en die anale vinne is grys. Die pektorale vinne is lank. Die gemiddelde massa van die vis wissel van 10 tot 15 kg terwyl die Suid-Afrikaanse rekord 40 kg en die lengte van dié vis 140 cm is.
Gewoontes
wysigHulle verkies koeler water, soos die Benguela-stroom aan die Weskus in die wintermaande wanneer die water van 16 tot 19 °C warm is, en kom voor tot op dieptes van 600 m. Hulle vreet veral pelagiese vis en pylinkvis.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978-1-77007-403-3
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 1-77007-345-0
Verwysings
wysig- ↑ "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Oktober 2011. Besoek op 4 Desember 2011.