Apatosaurus
Apatosaurus ("misleidende akkedis") is ’n genus van souropode-dinosourusse wat in die Laat Jura-periode in Noord-Amerika voorgekom het. Dit is aanvanklik in 1877 deur Othniel Charles Marsh beskryf en hy het die eerste bekende spesie Apatosaurus ajax genoem en die tweede spesie, wat in 1916 ontdek is, Apatosaurus louisae. Hulle is tussen 152 miljoen en 151 miljoen jaar oud en het in die Titonium-tydsnede van die Jura voorgekom. Brontosaurus is lank beskou as ’n sinoniem vir die Apatosaurus en sy tipe-spesie is in 1903 hernoem tot A. excelsus.
Apatosaurus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Apatosaurus (Marsh, 1877)
|
Tipespesie | |
†Apatosaurus ajax | |
Ander spesies | |
(Holland, 1916) |
Apatosaurus | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||
|
’n Uitgebreide studie wat in 2015 gepubliseer is, het egter bevind Brontosaurus was ’n geldige souropode-genus wat verskil het van Apatosaurus.[1][2] Volgens dieselfde studie is nog twee spesies wat voorheen as Apatosaurus beskou is, hernoem tot Brontosaurus parvus en Brontosaurus yahnahpin.[1]
Beskrywing
wysigDie gemiddelde lengte van ’n Apatosaurus was sowat 22,8 meter en die gemiddelde gewig 16,4 ton. Die nekwerwels was korter en swaarder as dié van Diplodocus, en die pote se bene was stewiger en langer. Die stert is tydens normale beweging bo die grond gehou.
Nes alle souropodes het Apatosaurus net een klou aan elke voorpoot gehad en drie aan elke agterpoot. Apatosaurus het "lugsakke" (holtes) in sy bene gehad om die dier ligter te maak. Sy stert is dalk gebruik om soos ’n sweep te klap.
Klassifikasie
wysigApatosaurus was lid van die familie Diplodocidae, ’n klade van reusagtige souropodes. Die familie sluit van die grootste diere in wat ooit die aarde bewoon het, soos Diplodocus, Supersaurus en Barosaurus. Apatosaurus val ook in die subfamilie Apatosaurinae, saam met die Brontosaurus.[1]
’n Kladogram van die familie Diplodocidae volgens Tschopp, Mateus en Benson (2015):[1]
Diplodocidae |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Tschopp, E.; Mateus, O.V.; Benson, R.B.J. (2015). "A specimen-level phylogenetic analysis and taxonomic revision of Diplodocidae (Dinosauria, Sauropoda)". PeerJ3: e857. doi:10.7717/peerj.857
- ↑ Gorman, James (7 April 2015). "A Prehistoric Giant Is Revived, if Only in Name". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2019. Besoek op 7 April 2015.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia