Gouelint-seepvis
(Aangestuur vanaf Aulacocephalus temminckii)
Die gouelint-seepvis (Aulacocephalus temminckii) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan gebied en weswaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Goldribbon soapfish. Hierdie spesie is die enigste lid van die genus, die genus is dus monotipies.
Gouelint-seepvis | |
---|---|
Tekening deur Dr Tony Ayling | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Aulacocephalus
|
Spesie: | A. temminckii
|
Binomiale naam | |
Aulacocephalus temminckii Bleeker, 1854
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 35 cm lank. Die lyf is diepblou gekleur met 'n helder geel band wat strek vanaf die snoet, oor die rug tot by die stertvin.
Die vis leef op rotsriwwe in water wat 20 tot 120 m diep is; dit kom gewoonlik dieper as 30 m voor. Hierdie vis leef gewoonlik naby grotte en oorhange en vreet gewoonlik vis en garnale. Hulle verkies gewoonlik subtropiese water en is baie sku en word min gesien.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3