Clanwilliam-klipbaber

(Aangestuur vanaf Austroglanis gilli)

Die Clanwilliam-klipbaber (Austroglanis gilli) is 'n varswatervis wat voorkom in die sytakke van die Olifantsrivierstelsel by Clanwilliam in die Wes-Kaap. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie. In Engels staan die vis bekend as Clanwilliam rock catfish.

Clanwilliam-klipbaber
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. gilli
Binomiale naam
Austroglanis gilli
(Barnard, 1943)

Voorkoms

wysig

Die vis se dorsale en pektorale vinne is gepunt. Die vis is lank met 'n plat en breë kop. Daar is drie pare baarde om die mond. Die vis is gryserig tot gelerig bruin van kleur en word tot 164 mm lank.

Habitat

wysig

Die vis leef tussen rotse en klippe en onder banke in helder, vloeiende riviere. Hulle vreet insekte en ander ongewerweldes wat hulle op die bodem kry.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakel

wysig