Babiana tubulosa
plantspesie
Babiana tubulosa is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Babiana behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Vredenburg tot by Mamre voor waar dit deel van die fynbos is. Die spesie het 'n voorkomsgebied van kleiner as 1 566 km² en daar is twintig subpopulasies. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur ontwikkeling op die Vredenburg-skiereiland, veral by Dwarskersbos, St. Helenabaai, Saldanha, Jacobsbaai en Langebaan. Rondom Mamre en Darling het die plant van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing.
Babiana tubulosa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Genus: | |
Spesie: | B. tubulosa
|
Binomiale naam | |
Babiana tubulosa (Burm.f.) Ker Gawl., (1827)
| |
Sinonieme | |
|