Die bandiet-dikkop (Priolepis cincta) is 'n dikkop wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as convict goby.

Bandiet-dikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
P. cincta
Binomiale naam
Priolepis cincta
(Regan, 1908)

Identifikasie

wysig

Die vissie word tot 5 cm lank. Die vis se lyf is bruin en daar is nou, ligter bande met donkerrande wat om die lyf gaan. Daar is kolletjies op dorsale- en stertvinne. Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 70 m diep is.

Die vissie leef in skeure, grotte en tussen die korale. Hulle word gereeld gesien waar hulle onderstebo hang. Hulle is alleenlopers en vreet klein ongewerweldes. Hierdie spesie is geheimsinnig en word min gesien.

Sien ook

wysig
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakels

wysig