Dik-ghieliemientjie
(Aangestuur vanaf Barbus afrohamiltoni)
Die Dik-ghieliemientjie (Barbus afrohamiltoni) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Zambezirivier tot by die Pongolarivier. In Engels staan die vis bekend as Plump barb.
Dik-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. afrohamiltoni
|
Binomiale naam | |
Barbus afrohamiltoni Crass, 1960
|
Voorkoms
wysigDie vis is silwerkleurig, het 'n groot bek met twee pare baarde om en word tot 175 mm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in stil water soos in panne en groot poele. Hulle vreet insekte. Die vis word gebruik as aas vir die vang van Tiervis.
Sien ook
wysigEksterne skakel
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1