Bespreking:2024 Europese Parlementsverkiesings

Jongste opmerking: 5 maande gelede deur Sobaka in onderwerp Wat dink julle?

Wat dink julle?

wysig

@Aliwal2012: @Sobaka:

Ek hoop dat ek uiteindelik 'n ordentlike vertoog oor die Europese verkiesings gemaak het. As gevolg van die nogal eienaardige manier waarop dit alles georganiseer is, het dit my tyd geneem. Die resultate is steeds nie heeltemal stabiel nie. Dink julle dit kort meer verduideliking? En watter? Ek is bang om 'n volledige uiteensetting van al die betrokke nasionale partye te gaan maak, want daar is so baie en baie inligting is in tale wat ek nie so goed verstaan ​​nie, of in die geval van die Uraliese en Baltiese tale, glad nie. So wat dink julle? Die hele EU-ding is moeilik om selfs vir Europeërs in enige duidelikheid te beskryf. En dit maak dit moontlik vir mense in Suider-Afrika relatief oninteressant. Tl;dr enso. Aan die ander kant is dit nie onbelangrik nie, weens die bande met die SAOG en die wrywing met BRICS. Jcwf (kontak) 06:59, 13 Julie 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo @Jcwf: Oom Jaap, ek beaam als wat u geskryf het...Sobaka en ek stel belang in die verkiesing se verloop en resultate, dis nie oninteressant nie! Dit was baie swak gedek in SA-nuus en media.
Groete uit 'n warm Tzaneen (die Kaap vries!), --  Aliwal2012 07:21, 13 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
@Jcwf: Baie dankie vir die artikel en inligting oor die politieke groepe binne die Europese Parlement. Ek het self baie geleer uit die artikels en was selfs geïnspireer om aan Oostenrykse politieke artikels te werk (‘n land waar ek twee jaar gewoon het en die politiek destyds nou gevolg het). Die Europese politieke stelsels is inderdaad kompleks maar ek dink die verkiesing artikel gee ‘n goeie wegspring vir enige leser wat self verder wil gaan delf. Sal self ook aanvul soos die belangstellings my prikkel. Sobaka (kontak) 08:12, 13 Julie 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "2024 Europese Parlementsverkiesings"-bladsy.