BRICS
BRICS is 'n interregeringsorganisasie bestaande uit nege ontluikende markte, hulle is Brasilië, Rusland, Indië, die Volksrepubliek China, Suid-Afrika (die oorspronklike lidlande waarvan dié akroniem ontleen is), Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate. Oorspronklik is die vier eersgenoemde lande as BRIC gegroepeer, met die aansluiting van Suid-Afrika in 2010. Al vyf BRICS-lande behoort tot die voorste nuut geïndustrialiseerde lande en is lidlande van die Groep van 20.
Die lidlande van die BRICS en hulle verteenwoordigers tydens spitsberade. |
---|
Brasilië (Federale Republiek Brasilië) President: Luiz Inácio Lula da Silva |
Rusland (Russiese Federasie) President: Wladimir Poetin Eerste minister: Michail Misjoestin |
Indië (Republiek Indië) President: Droupadi Murmu Eerste minister: Narendra Modi |
Volksrepubliek China President: Xi Jinping Eerste Minister: Li Qiang |
Suid-Afrika (Republiek van Suid-Afrika) President: Cyril Ramaphosa |
Egipte (Arabiese Republiek Egipte) President: Abdel Fattah el-Sisi Eerste minister: Moustafa Madbouly |
Ethiopië (Federale Demokratiese Republiek Ethiopië) President: Sahle-Work Zewde Eerste minister: Abiy Ahmed |
Iran (Islamitiese Republiek Iran) Opperleier: Ali Khamenei President: Ebrahim Raisi |
Verenigde Arabiese Emirate President: Mohamed bin Zayed Al Nahyan Eerste minister: Mohammed bin Rashid Al Maktoum |
Samestelling
wysigDie term "BRIC" is oorspronklik deur die Amerikaanse Beleggingsbank- en sekuriteitsverhandelingsmaatskappy Goldman Sachs omtrent einde 2001 vir die groot opkomende markte met 'n jaarlikse ekonomiese groei tussen vyf en tien persent, naamlik Brasilië, Rusland, Indië en die Volksrepubliek China, gebruik.[1] Sedert 2009 vergader die vier lande jaarliks vir ekonomiese en politieke ooreenkomste,[2] sedert 2010 is Suid-Afrika 'n volle lid van die BRICS.[3]
Die BRICS is weens hul groeiende ekonomie, groot bevolkings, groot oppervlaktes en ryk hulpbronne baie belangrik vir die wêreldekonomie. Rusland is met 'n oppervlakte van 17 098 246 km² by verre die grootste land ter wêreld, die Volksrepubliek China is met 'n bevolking van 1 403 500 365 in 2016 die wêreld se mees bevolkte land, gevolg deur Indië se 1 324 171 354 in 2016. Brasilië is volgens oppervlakte sowel bevolking die wêreld se vyfde grootste land.
Die vyf BRICS-lande vorm die leidende lande in hul streke: Brasilië in Latyns- en Suid-Amerika, Rusland in Oos-Europa en Noord-Asië, Indië in Suid-Asië, die Volksrepubliek China in Oos-Asië en Suid-Afrika in Afrika.
Doelwitte en ekonomiese agtergrond
wysigDie doelwitte van die BRICS-lande sluit in die wedersydse ondersteuning in ekonomiese en politiese kwessies asook die oprigting van eie internasionale instellings vir wedersydse beleggings, soos die Nuwe Ontwikkelingsbank.
Sedert die middel-2010's word die ekonomieë van die vyf BRICS-lede deur krisisse en dalende groei gekenmerk. As gevolg van die Krim-anneksasie deur Rusland is die Russiese ekonomie deur die Europese Unie en die Verenigde State aan sanksies onderwerp. Brasilië en Suid-Afrika moet met wydverspreide korrupsie en min ekonomiese groei veg. Net die Volksrepubliek China en Indië toon sedert baie jare 'n konstante ekonomiese groei van meer as vyf persent per jaar.
Uitbreiding met vyf nuwe lede
wysigOp 24 Augustus 2023, tydens die 15de BRICS-beraad, het die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate deur die huidige lede genooi is om by die blok aan te sluit.[4] Volle lidmaatskap het op 1 Januarie 2024 in werking tree.[5]
Die doel van hierdie uitbreiding word voorgehou as deel van die plan om 'n "multipolêre" wêreldorde te bou wat gewig gee aan tot dusver gedempte stemme van die Globale Suide en hulle na die sentrum van die wêreldagenda te bring.[6] Op 30 Desember 2023 het die nuwe Argentynse regering egter aan dié land se aansoekproses onttrek en die uitnodiging vir aansluiting van die hand gewys.[7] Saoedi-Arabië het ook nie op 1 Januarie 2024 amptelik by BRICS aangesluit nie.[8]
Spitsberade
wysigNo. | Datum(s) | Gasland | Gasheer | Plek | Notas |
---|---|---|---|---|---|
1ste | 16 Junie 2009 | Rusland | Dmitri Medwedef | Jekaterinburg | |
2de | 15 April 2010 | Brasilië | Luiz Inácio Lula da Silva | Brasília | Gaste: Jacob Zuma (President van Suid-Afrika) en Riyad al-Maliki (Palestina se Minister van Buitelandse Sake) |
3de | 14 April 2011 | Volksrepubliek China | Hu Jintao | Sanya | Eerste spitsberaad met Suid-Afrika ingesluit by die oorspronklike BRIC-lande. |
4de | 29 Maart 2012 | Indië | Manmohan Singh | Nieu-Delhi | Die BRICS-kabel kondig 'n optiese vesel ondersese kommunikasiekabel-stelsel vir telekommunikasie tussen die BRICS-lande aan. |
5de | 26–27 Maart 2013 | Suid-Afrika | Jacob Zuma | Durban | |
6de | 14–17 Julie 2014 | Brasilië | Dilma Rousseff | Fortaleza[9] Brasília |
Ooreenkomste vir die Nuwe Ontwikkelingsbank en die Voorwaardelike Reserweraad onderteken. Gaste: Leiers van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies (UNASUR)[10][11] |
7de | 8–9 Julie 2015 | Rusland | Wladimir Poetin | Oefa[12] | Gemeenskaplike beraad met SCO-EEU |
8ste | 15–16 Oktober 2016 | Indië | Narendra Modi | Benaulim | Gemeenskaplike beraad met BIMSTEC |
9de | 3–5 September 2017 | Volksrepubliek China | Xi Jinping | Xiamen | Gemeenskaplike beraad met EMDCD |
10de | 3–5 September 2018 | Suid-Afrika | Cyril Ramaphosa | Johannesburg | |
11de | 13–14 November 2019 | Brasilië | Luiz Inácio Lula da Silva | Brasília | |
12de | 17 November 2020 | Rusland | Wladimir Poetin | Sint Petersburg | Videokonferensie |
13de | 9 September 2021 | Indië | Narendra Modi | Nieu-Delhi | Videokonferensie |
14de | 23 Junie 2022 | Volksrepubliek China | Xi Jinping | Beijing | Videokonferensie |
15de | 22–24 Augustus 2023 | Suid-Afrika | Cyril Ramaphosa | Johannesburg | Ses lande, naamlik Argentinië, Egipte, Ethiopië, Iran, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate word genooi om in Januarie 2024 ook lede van BRICS te word. Op 29 Desember 2023 het die regering van Argentinië 'n brief aan alle BRICS-leiers gestuur waarin hulle die uitnodiging om by die blok aan te sluit amptelik van die hand gewys het.[13] Saoedi-Arabië het nog nie sy aanvaarding van lidmaatskap bevestig nie.[14] |
16de | 22–24 Oktober 2024 | Rusland | Wladimir Poetin | Kazan | [15] |
Potensiele kandidate vir toekomstige lidmaatskap
wysigDie volgende lande het óf belangstelling uitgespreek om by BRICS aan te sluit óf het reeds aansoek gedoen om lidmaatskap:
Afrika |
Amerikas |
Asië |
Europa |
1 - Amptelik aansoek gedoen om lidmaatskap
2 - Amptelik genooi om as lidstaat aan te sluit, maar moet nog 'n formele besluit neem
3 Amptelik genooi om as vennootstaat aan te sluit [63]
Hedendaagse BRICS-leiers
wysig-
Volksrepubliek China
Xi Jinping, President
(Staatshoof)
(Sekretaris-generaal as de facto leier sedert 15 November 2012)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) Jim O' Neill (2001). "Building Better Global Economic BRICs". Goldman Sachs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2016. Besoek op 11 Julie 2016.
- ↑ (en) "First summit for emerging giants". BBC. 16 Junie 2009. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) Antonio Graceffo (21 Januarie 2011). "BRIC Becomes BRICS: Changes on the Geopolitical Chessboard". Foreign Policy Journal. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) Sharma Shweta (24 Augustus 2023). "BRICS Countries Agree Historic Expansion as Six New Countries Invited to Join". The Independent. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ "BRICS To Admit Six New Members Next Year". Barrons. 24 Augustus 2023. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) "Saudi Arabia, Iran among six nations invited to join BRICS". Al Jazeera. 24 Augustus 2023. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) "Argentina Won't Join the BRICS Bloc Under Milei, Adviser Says". Bloomberg. 30 November 2023. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) "Saudi Arabia has not yet joined BRICS – Saudi official source". Reuters. 1 Februarie 2024. Besoek op 30 November 2023.
- ↑ (pt) "A Cúpula de Durban e o futuro dos BRICS". Post-Western World. 4 Julie 2013. Besoek op 30 Desember 2017.
- ↑ (es) "Los líderes del BRICS, Unasur, Cuba, México y Costa Rica se citan en Brasilia". LaVanguardia.com. LaVanguardia. 15 Julie 2014. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) "BRICS summit: PM Modi to leave for Brazil tomorrow, will seek reforms". Hindustan Times. 13 Julie 2014. Besoek op 6 September 2024.
- ↑ (en) "Ufa to host SCO and BRICS summits in 2015". UfaCity.info. 9 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Oktober 2017. Besoek op 30 Desember 2017.
- ↑ "El gobierno de Javier Milei oficializó que la Argentina no entrará a los Brics". La Nación (in Spaans). 29 Desember 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2023. Besoek op 29 Desember 2023.
- ↑ "Saudi Arabia has not yet joined BRICS - Saudi official source". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2024. Besoek op 8 Februarie 2024.
- ↑ Korostovtseva, Yekaterina (5 Maart 2024). Юрий Ушаков: БРИКС на деле выражает интересы мирового большинства [Yuriy Ushakov: BRICS expresses the interests of the world majority in practice]. TASS (in Russies). Besoek op 18 April 2024. «Главным событием российского председательства, разумеется, станет саммит БРИКС в Казани 22–24 октября». [The main event of Russia's chairmanship will, of course, be the October 22–24 BRICS summit in Kazan.]
- ↑ "Angola: Foreign minister warns of challenges to join BRICS". Junie 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2023. Besoek op 6 Julie 2023.
- ↑ "Burkina Faso's PM lobbies for country's membership in BRICS". September 2024.
- ↑ "Cameroon Applies to Join BRICS Economic Bloc". April 2024.
- ↑ "Central Africa: We want to join BRICS". Desember 2023.
- ↑ "Congo keen on joining BRICS: President". Junie 2024.
- ↑ "Central African country seeks BRICS membership". Augustus 2023.
- ↑ "Equatorial Guinea counts on Russia's support for its BRICS accession bid — president". September 2024.
- ↑ "Akufo-Addo exploring feasibility of Ghana joining BRICS". Augustus 2023.
- ↑ "Economy Minister: Libya Ready to Join BRICS". 11 Julie 2024.
- ↑ "Mali Expresses Interest in Joining BRICS Soon". Oktober 2024.
- ↑ "Nigeria intends to join BRICS with or without pressure from the West". Maart 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2024.
- ↑ "Senegal wants to integrate the Brics". Augustus 2023.
- ↑ "Envoy highlights South Sudan's interest in joining BRICS". November 2023.
- ↑ "Deputy Minister of Finance: Sudan Intends to Join the BRICS Group". Augustus 2015.
- ↑ "Tunisia Plans to Join BRICS Nations". April 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2024.
- ↑ "BRICS is a Breath of Fresh Air for Africa - Museveni". Augustus 2023.
- ↑ "Zimbabwe Expresses Readiness to Join BRICS Alliance". Junie 2024.
- ↑ "BRICS is the future, Bolivian FM says". Augustus 2023.
- ↑ "Colombia Intends to Join BRICS as Soon as Possible". April 2024.
- ↑ "Cuban Government Shows Interest in Joining BRICS". Junie 2024.
- ↑ "El Salvador could apply to accept them into BRICS". Julie 2024.
- ↑ "Nicaragua in Negotiations to Join BRICS". Junie 2024.
- ↑ "Peru & China Discuss Economic Cooperation, BRICS". Junie 2024.
- ↑ "Venezuela renews its desire to join BRICS". Junie 2024.
- ↑ "Afghanistan And The Potential For BRICS Membership". Junie 2023.
- ↑ Agayev, Zulfugar (20 Augustus 2024). "Azerbaijan Formally Applies to Join BRICS, Foreign Ministry Says". Daily Sabah. Besoek op 20 Augustus 2024.
- ↑ "Delegated by HRH the Crown Prince and Prime Minister, Foreign Minister attends BRICS Summit". Bahrain News Agency. 24 Augustus 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2024. Besoek op 30 Januarie 2024.
- ↑ "Bangladesh seeks India's support to join BRICS under any format: Hasan". Junie 2024.
- ↑ "How BRICS Was Expanded: The Inside Story of Twists and Turns". September 2023.
- ↑ "Al-Sudani: Iraq hopes to join the BRICS group". Oktober 2023.
- ↑ Omirgazy, Dana (5 Junie 2023). "Kazakhstan Seeks to Join BRICS and Enhance Trade and Economic Cooperation". Astana Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2023. Besoek op 4 Julie 2023.
- ↑ "South Africa: 8 Arab countries request to join BRICS". Augustus 2023.
- ↑ "Laos Intends to Join BRICS". Desember 2023.
- ↑ "Malaysia applies to join BRICS, boost ties with Russia". The Star (in Engels). Besoek op 30 Julie 2024.
- ↑ Irrawaddy, The (6 September 2023). "Myanmar Junta Eyeing BRICS Membership as Sanctions Bite". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2023. Besoek op 16 September 2023.
- ↑ Ngcofe, Khaka. "North Korea Signals to Join BRICS". BRICS Global Television Network (in Engels). Besoek op 23 Oktober 2024.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link) - ↑ Hussain, Abid. "Pakistan seeks BRICS membership, despite India roadblock". Al Jazeera (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2024. Besoek op 10 Januarie 2024.
- ↑ "Is BRICS really the lifeline Palestine needs?". Augustus 2023.
- ↑ "Saudi Arabia not yet responded to BRICS invitation, Saudi official source says". Januarie 2024.
- ↑ "Sri Lanka joins list of countries eyeing BRICS membership this year". Mei 2024.
- ↑ "Syria applied for BRICS membership, country's ambassador to Russia says". Oktober 2024.
- ↑ "Cabinet approves Brics membership bid". Mei 2024.
- ↑ "Vietnam Explores Possibility of BRICS Membership". April 2024.
- ↑ "The Yemen–Russia riddle". Julie 2024.
- ↑ Liffey, Kevin (25 Julie 2023). MacSwan, Angus (red.). "Belarus says it has applied to join BRICS club, RIA reports". Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2023. Besoek op 26 Julie 2023.
- ↑ "Serbia views BRICS membership as alternative to EU — deputy PM". Oktober 2024.
- ↑ "Türkiye applies for BRICS membership in push for new alliances". September 2024.
- ↑ "BRICS approves Cuba, Bolivia, and 11 other countries as 'partner states'". Oktober 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie BRICS.
- (en) (hi) (pt) (ru) (zh) Amptelike webwerf
- (en) "BRICS". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 September 2024.