Bespreking:Suid-Afrikaanse Lugmag

Jongste opmerking: 2 maande gelede deur Thermofan in onderwerp Akronieme
Hierdie artikel is tans 'n Voorbladartikelkandidaat. 'n Voorbladartikel moet die beste van die Afrikaanse Wikipedia vertoon en moet dus aan verskeie kriteria voldoen. Skaaf dus gerus aan die taal, verbeter die artikel in ander opsigte, verminder rooi skakels deur nuwe inhoud te ontwikkel en lewer kommentaar op die nominasie.

Akronieme

wysig

Hi, @Sobaka. Die artikel vorder goed! Knap gedaan.
Myns insiens moet akronieme êrens in elke artikel gedefinieer word. Hier is 'n paar:

  • South African Airforce (SAAF),
  • Afrikaans: Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM),
  • Suid-Afrikaanse Lugvaartkorps (SALK)
  • (VSALM)
  • (SALF)

Ek sien nie dadelik die definisie van die laaste twee nie. Kan jy help? (Of is dit net 'n tikfout..?) Thermofan (kontak) 11:37, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Hallo Thermofan. Dankie, ja dit was maar 'n projek oor tyd. Ek het die eerste drie akronieme nou in die inleiding in vetdruk belig. Die laaste twee het ek ook verander sodat die akronieme nie meer nodig is nie. Sal nog die artikel weer moet deurgaan vir ander taal en ander foute. Voel ook vry om te verander waar jy probleme sien. Groete. Sobaka (kontak) 14:27, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord
Dankie! Thermofan (kontak) 08:26, 4 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Verstaan nie...

wysig

@Sobaka:, kyk asb weer na die sin: SALM se maritieme patrollies het op 21 September 1939 begin met 16 Eskader wat drie JU-86Z's vanaf Walvisbaai gevlieg het. gestig is, wat uiteindelik uit 6, 10, 22, 23, 25, 27 en 29 Eskaders bestaan het. Groete! Oesjaar (kontak) 19:35, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Dankie reggemaak. Sobaka (kontak) 19:55, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Teaters

wysig

Vervang dit eerder met oorlogstoneel. Groete! Oesjaar (kontak) 19:36, 3 Oktober 2024 (UTC)Beantwoord

Terug na "Suid-Afrikaanse Lugmag"-bladsy.