Bleek soldaat
Die bleek soldaat (Myripristis botche) is 'n vis wat in die westelike Stille Oseaan en wydverspreid in die Indiese Oseaan voorkom, ook aan die ooskus van Afrika tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Pale soldier.
Bleek soldaat | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. botche
|
Binomiale naam | |
Myripristis botche Cuvier, 1829
|
Identifikasie
wysigDie vis word tot 30 cm lank en is silwerwit van kleur met groot skubbe wat rooi rante het. Die kop, stertvin, agterste dorsale vin en anale vinne is donkerooi met wit rante en swart punte. Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 1 tot 25 m diep is. Hulle leef in groepies saam naby die ingang tot hulle skuiling gedurende die dag. Hulle vreet snags skaaldiere en larwes.
Sien ook
wysigBron
wysig- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Eksterne skakel
wysig- Myripristis botche by Fishbase.