Holocentridae
Die Soldaatvisse (Holocentridae) is 'n vis-familie van die orde Beryciformes. Die familie het twee subfamilies Myripristinae met vyf genera en Holocentrinae met drie genera. Daar is altesaam sewentig spesies in die familie waarvan agt en twintig aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.
Holocentridae | |
---|---|
Holocentrus ascensionis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Holocentridae
|
Subfamilies en genera | |
Kenmerke
wysigDie familie se lyf is lank en redelik plat en die oë groot. Die dorsale vin is verdeel in twee en die stertvin is gevurk. Die familie word 7 – 45 cm groot. Hulle vreet bodem skaaldiere, vis en soöplankton. Die familie kan oorleef in akwariums.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Myripristis
- Myripristis berndti - Grootskub-soldaat
- Myripristis botche - Bleek soldaat
- Myripristis chryseres - Geelvin-soldaat
- Myripristis kuntee - Epoulet soldaat
- Myripristis murdjan - Vlekoog-soldaat
- Myripristis violacea - Ruitjies-soldaat
- Myripristis vittata - Onbevlekte soldaat
- Neoniphon
- Neoniphon sammara - Kolvin-soldaat
- Sargocentron
- Sargocentron caudimaculatum - Stertkol-soldaat
- Sargocentron diadema - Kroon-soldaat
- Sargocentron spiniferum - Sabel-soldaat
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7