Bosveldkleinskubgeelvis
Die Bosveldkleinskubgeelvis (Labeobarbus polylepis) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die laer sytakke van die Limpopo-, die Imkomati- en die Pongolarivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Bushveld smallscale yellowfish.
Bosveldkleinskubgeelvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. polylepis
|
Binomiale naam | |
Labeobarbus polylepis (Boulenger, 1907)
|
Voorkoms
wysigDaar is twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is silwerkleurig met donker kolle en die volwasse visse is donker olyfgroen aan die bokant, brons op die sye en roomkleurig aan die onderkant. Al die vinne is donker grysgroen. Die vis word tot 460 mm lank en weeg 6.8 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 6,18 kg.
Habitat
wysigDie vis verkies om in koeler water te leef en kom nie voor op hoogtes wat laer as 600 m bo seevlak is nie. Hulle verkies diep poele en vinnigvloeiende water van permanente riviere en damme. Hulle vreet alge in die winter en insekte maar ook slakke, krappe en kleiner visse gedurende die somer. Die wyfie lê eiers gedurende die lente en somer. Die mannetjie word volwasse wanneer hulle sowat 170 mm lank is en die wyfie 300 mm. Die wyfies word gewoonlik langer as die mannetjies. Dit is 'n gewilde hengelvis.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1