Grysrifhaai
Die Grysrifhaai (Carcharhinus amblyrhynchos) is 'n haai wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika noordwaarts vanaf St. Lucia voorkom. Die haai staan ook bekend as die Kortneus-swartsterthaai en in Engels as die Shortnose blacktail shark.
Grysrifhaai | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. amblyrhynchos
|
Binomiale naam | |
Carcharhinus amblyrhynchos | |
Verspreiding van die grysrifhaai | |
Sinonieme | |
Carcharias amblyrhynchos Bleeker, 1856 |
Voorkoms
wysigDie haai is bruingrys van kleur en het 'n swart rand op die stert-, tweede dorsale en anale vinne (almal behalwe die eerste dorsale vin). Die haai word tot 1.9 meter (6.2 voet) lank. Dit is wit aan die onderkant.
Habitat en gewoontes
wysigDit word meestal gesien by koraalriwwe in water wat 3 tot 140 m diep is. Die haai is aggressief en vreet seekatte, vis, tjokka en is vivipaar.
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Carcharhinus amblyrhynchos. |
Bronne
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3