Carcharhinidae
Die Blouhaaie (Carcharhinidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Carcharhiniformes. Daar is twaalf genera met vyftig spesies wat hoort tot dié familie en drie en twinig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Carcharhinidae | |
---|---|
Tierhaai (Galeocerdo cuvier) | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Carcharhinidae D. S. Jordan & Evermann, 1896
|
Genera | |
Sien teks. |
Kenmerke
wysigDie familie het twee dorsale vinne en 'n anale vin. Die lengte van die onderste lob van die stert is ongeveer ⅓ tot 'n ½ van die lengte van die boonste stertlob. Die familie kan tot 7.4 m lank word. Slegs twee van die spesies wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom bly slegs in die oseaan. Die ander kom ook voor in riviere, riviermondings en strandmere.
Genera
wysigDie volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Carcharhinus
- Carcharhinus altimus - Grootneushaai
- Carcharhinus albimarginatus - Silwertiphaai
- Carcharhinus amblyrhynchos - Grysrifhaai
- Carcharhinus amboinensis - Javahaai
- Carcharhinus brachyurus - Koperhaai
- Carcharhinus brevipinna - Spinnerhaai
- Carcharhinus leucas - Zambezihaai
- Carcharhinus limbatus - Swarttiphaai
- Carcharhinus longimanus - Opesee-wittiphaai
- Carcharhinus melanopterus - Swartvin-rifhaai
- Carcharhinus obscurus - Donkerhaai
- Carcharhinus plumbeus - Sandbankhaai
- Galeocerdo
- Galeocerdo cuvier - Tierhaai
- Loxodon
- Loxodon macrorhinus - Sleetooghaai
- Prionace
- Prionace glauca - Blouhaai
- Rhizoprionodon
- Rhizoprionodon acutus - Melkhaai
- Triaenodon
- Triaenodon obesus - Stompkophaai
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7