Rooivingers
(Aangestuur vanaf Cheilodactylus fasciatus)
Die rooivingers (Cheilodactylus fasciatus) is 'n endemiese vis aan die Suider-Afrikaanse kus en kom voor van die Kunenerivier tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as redfingers.
Rooivingers | |
---|---|
By die koraaltuin te Rooiels | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. fasciatus
|
Binomiale naam | |
Cheilodactylus fasciatus Lacepède, 1803
|
Voorkoms
wysigDie vis se lyf en kop is bedek met onreëlmatige donker kolle terwyl die liggaam bedek is met vertikale donker strepe. Die strepe gaan nie reg oor die vis se lyf nie, maar wissel mekaar af bo en onder die sylyn. Die stertvin is bedek met donker kolle en strepe en die pektorale vinne het ook swart strepe op. Die vis word 30 cm lank.
Habitat
wysigDie vis leef in rotsagtige areas en riwwe tot op dieptes van 25 m en hulle eet ander bodembewoners soos skaaldiere en wurms. Die vis oorleef in kouewater akwariums.
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7