Poenskop
Die Poenskop (Cymatoceps nasutus) is 'n endemiese vis wat aan die Suid-Afrikaanse suid- en ooskus voorkom tussen Kaapstad en Maputo. Dit staan ook bekend as 'n Swartmosselkraker, Swart biskop of Swart stompkop. In Engels staan die vis bekend as die Black musselcracker. Prof. J.L.B. Smith het 16 plaaslike name vir die vis geïdentifiseer.
Poenskop | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. nasutus
|
Binomiale naam | |
Cymatoceps nasutus |
Voorkoms
wysigDie vis is donkergrys tot swart van kleur terwyl die onvolwasse visse 'n groenerige bruin kleur het met onreëlmatige wit vlekke op die lyf. Die volwasse visse het groot lippe met 4 tot 6 groot tande in die mond. Die vis word tot 1,2 m groot en weeg dan 37,8 kg.
Habitat
wysigDie vis kom voor by rotsriwwe in water wat 2 tot 100 m diep is en die onvolwasse visse verkies vlak riwwe en alge beddings. Die vis groei stadig; 'n spesie van 1,1 m se geskatte ouderdom is ongeveer 45 jaar. Dit is 'n gewilde sportvis wat 'n uitdaging bied aan die hengelaar. Groot volwasse visse is uiters skaars.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysigBronne
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
- Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.