Drakensberg-pompopgaarskema
Die Drakensberg-pompopgaarskema is 'n energiesbergingsfasiliteit geleë op die grens tussen die Suid-Afrikaanse provinsies die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Bouwerk het in 1974 begin en is in 1981 voltooi.
Drakensberg-pompopgaarskema | |
---|---|
Driekloofdam, wat dieselfde stoorplek (in die agtergrond) van die Starkfonteindamdam skei
| |
Amptelike naam | Drakensberg-pompopgaarskema |
Ligging | naby Harrismith |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal en Vrystaat, Suid-Afrika |
Koördinate | 28°34′23″S 29°05′13″O / 28.57306°S 29.08694°O |
Dam in | Tugelarivier |
Doel | Industrieel |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 48 m (Kilburndam) / 47 m (Drieklloofdam) |
Lengte van wal | 1 100 m (Kilburndam) / 500 m (Driekloofdam) |
Reservoir | Driekloofdam, Kilburndam, Woodstockdam en Drielkeerwal |
Kapasiteit | 27 000 000 km³ |
Aktiewe kapasiteit | 32 071 000 m³ (Drieklloofdam) 35 577 000 m³ (Kilburndam) |
Hidrokragsentrale | Konvensioneel |
Aanlegeienaar | Eskom |
Aanlegoperateur | Departement van Waterwese en Bosbou |
Hidroliese hoof | 460 m |
Turbines | 4 Mitsui / Toshiba |
Jaarlikse opwekking | 2041 (turbine) / 2766 (pomp) miljoen kWh |
Netto opwekking | 1000 (turbine) / 1080 (pomp) MW |
Vier damme is betrokke by die skema: die Driekloofdam (verbind aan die Sterkfonteindam), die Kilburndam, die Woodstockdam en die Drielkeerwal. Die toerusting vir kragopwekking is geleë tussen Driekloof- en Kilburndam.[1] Aangesien die Driekloofdam / Sterkfonteindam ook deel is van die Tugela-Vaal-waterprojek vloei sommige van die water wat na Driekloofdam gepomp word, uiteindelik na die Vaaldam en is dus nie weer beskikbaar vir terugvloei na die Kilburndam nie. Die Woodstockdam en Drielkeerwal word as reservoir gebruik om hierdie bykomende water te voorsien aan Kilburndam wanneer nodig.
Die skema maak voorsiening om tot 27,6 GWh elektrisiteit te berg in die vorm van 27 000 000 kub. meter ((950 000 000 kub. vt.) water. Die water word in tye van lae nasionale kragverbruik (gewoonlik oor naweke) na Driekloof gepomp en weer vrygestel terug na Kilburn via vier 250 MW (340 000 pk) in tye van hoë aanvraag na elektrisiteit.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "General Layout of Drakensberg Pumped Storage Scheme" (PDF). Eskom. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Oktober 2013. Besoek op 9 November 2008.
Eksterne skakels
wysig- (en) Eskom se Drakensberg-pompopgaarskema Geargiveer 12 Februarie 2012 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |