Dwerg-sitarien
Die Dwerg-sitarien (Hemigrammocharax machadoi) is 'n varswater vis wat voorkom in die boonste gedeelte van die Zambezirivier en die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere. In Engels staan die vis ook bekend as die Dwarf citharine.
Dwerg-sitarien | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. machadoi
|
Binomiale naam | |
Hemigrammocharax machadoi |
Voorkoms
wysigDie vis se lyf is slank en die sylyn is nie volledig nie. Die vinne is kort en daar is nie 'n vetvin nie. Die vissie is lig olyf kleurig en silwer aan die onderkant met 12-16 vertikale strepe oor die lyf. Daar is ook 'n prominente swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word 40 mm lank.
Habitat
wysigDie vis verkies helder, stil water met baie plantegroei in. Dit is volop op vloedvlaktes en die Okavangodelta. Hulle vreet klein ongewerweldes en blare van plante en broei in die somer.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1