Langneus-vlindervis
(Aangestuur vanaf Forcipiger flavissimus)
Die Langneus-vlindervis (Forcipiger flavissimus) is 'n vlindervis wat voorkom aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Margate. Die vis word tot 22 cm lank en kom in koraalriwwe voor, in water van 2 – 114 m diep. Die liggaam, dorsale, anale, bekken vinne is heldergeel. Die boonste helfte van die kop is swart en die onderste helfte is 'n ligte, silwergrys. Daar is 'n swart kol op die anale vin. Die stertvin is gryserig. In Engels staan die vis bekend as die Longnose butterflyfish en kan in akwariums oorleef.
Langneus-vlindervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. flavissimus
|
Binomiale naam | |
Forcipiger flavissimus Jordan & Evermann, 1898
|
Sien ook
wysigBronne
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6