Gereformeerde kerk Daniëlskuil
Die Gereformeerde kerk Daniëlskuil is die vyfde oudste van die 15 gemeentes in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes, wat ’n reusedeel van die Noord-Kaap van Kimberley tot Upington beslaan. In 2015, toe die gemeente 55 belydende en 17 dooplidmate gehad het, was dit die 10de grootste gemeente in die Klassis.
Gereformeerde Kerk Daniëlskuil | ||
Sluit in | Blikfontein Boetsap Koopmansfontein Lime Acres Owendale Papkuil Silwerstreams Spitskop Ulco | |
Klassis | Griekwaland-Wes | |
Huidige predikant(e) | Pierre Cilliers | |
In kombinasie met | Duineveld | |
Belydende lidmate | 40 | |
Dooplidmate | 11 | |
Adres | Parkweg 209 Daniëlskuil | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1949 | |
Eerste predikant | E.W. Meyer 1955–1959 |
Agtergrond
wysigDie dorpie Daniëlskuil is in 1892 gestig, maar ’n selfstandige Gereformeerde gemeente sou eers meer as vyf dekades later hier tot stand kom, al het Gereformeerde lidmate vroeg reeds binne die gemeentegrense gewoon. Aan die begin was Daniëlskuil net ’n wyk van die Gereformeerde kerk Postmasburg en het ds. J.H. Kruger, Postmasburg se leraar van 1911 tot 1952, die plaaslike lidmate bedien. Destyds moes hy ’n reusagtige gebied bedien waar mettertyd meer as 15 gemeentes ontstaan het en wat in 2015 deur ses predikante bedien is: Buiten Postmasburg het dit ook Kimberley, Delportshoop, Daniëlskuil, Kuruman, Upington, die Kalahari en die eerste helfte van die gebied tussen sy gemeente en Vryburg ingesluit het. Ds. Kruger het meer as die helfte van die gemeentes in die Klassis Griekwaland-Wes gestig. Die eerste was die Gereformeerde kerk Delportshoop in 1914 en die laaste Daniëlskuil in 1949. Dié twee gemeentes was van 1976 tot 2015, toe Delportshoop ontbind het, in kombinasie.
Stigting
wysigReeds voor 1946 het die verlange na ’n eie gemeente onder die plaaslike Gereformeerdes begin toeneem. In 1949 het die afstigting toe wel plaasgevind toe prof. W.J. Snyman ’n preek en rede gehou het. Destyds het die gemeente 68 belydende en 36 dooplidmate gehad, vergeleke met 61 en 33 in 1960 en 61 en 23 in 1997.
Kerkbou
wysigAan die begin het lidmate in die stadsaal vir eredienste bymekaargekom, maar selfs nog voor afstigting het die gemeente sy eie kerk laat bou. Klaas van der Walt en maand Booysen was die hoofbouers en lidmate het fluks gehelp. Ds. Kruger het die hoeksteen op 18 Mei 1946 gelê. Aangesien lidmate selfs gehou het, het die koste van die gebou net ’n paar pond beloop.
Predikante
wysig- Meyer, Ernst Walter, 1955–1959
- Minnaar, Izak Christoffel Johannes, 1959–1966 (in kombinasie met Postmasburg)
- Kruger, dr. Markus Petrus, 1968–1975
- Venter, Herman Johannes Petrus, 1976–1982 (in kombinasie met Delportshoop)
- Du Plessis, dr. Wynand Petrus, 1982–1986 (in kombinasie met Delportshoop)
- Bogaards, dr. Arie Hendrik, 1986–2004 (in kombinasie met Delportshoop)
- De Bruyn, Paul Jacobus, 2005–2007 (in kombinasie met Delportshoop)
- Cilliers, Pierre, 2007–2015 (in kombinasie met Delportshoop; 2015 – hede (selfstandig)
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.