Gereformeerde kerk Paulpietersburg
Die Gereformeerde kerk Paulpietersburg was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op KwaZulu-Natalse dorp Paulpietersburg.
Gereformeerde Kerk Paulpietersburg | ||
Sluit in | Paulpietersburg | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Piet Retief | |
Huidige predikant(e) | H.J. Boshoff (laaste) | |
In kombinasie met | Piet Retief | |
Belydende lidmate | 25 (1950) | |
Dooplidmate | 15 (1950) | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1899 | |
Eerste predikant | Derk Rumpff (1910–'13) | |
Datum ontbind | 1951 | |
Ingelyf by | Vryheid |
Geskiedenis
wysigOmdat die gemeente van sy stigting in 1899 tot sy ontbinding in 1951 altyd klein was, het hy ’n noue verbintenis met die Piet Retief gehad. So was Paulpietersburg van 1916 tot 1950 tydens die bediening van sewe agtereenvolgende leraars in kombinasie met Piet Retief. Daar was ’n eie kerkgeboutjie op die dorp, wat vandag (2017) nog staan. Omstreeks 1940 het die lidmate sowat 50 getel. Kerklik het die gemeente, soos Vryheid destyds, onder Transvaal geval omdat die dorp deel was van die Nieuwe Republiek.
Predikante
wysig- Rumpff, Derk, 1910–1913 (in kombinasie met Standerton)
- Coetzee, Jan Viljoen, 1916–1918 (in kombinasie met Piet Retief)
- Van der Walt, Johannes Christiaan, 1919–1924 (in kombinasie met Piet Retief)
- Du Plessis, Jan Barend, 1931 – 25 Februarie 1934 (in kombinasie met Piet Retief; oorlede in die amp; sy enigste gemeente)
- Vorster, Johannes Lodewikus, 1935–1938 (in kombinasie met Piet Retief)
- Van der Walt, Dirk Jacobus, 1939–1942 (in kombinasie met Piet Retief)
- Venter, Tjaart Nicolaas, 1945–1947 (in kombinasie met Piet Retief)
- Boshoff, Hendrik Jan, 1949-1950 (in kombinasie met Piet Retief)
Predikantegalery
wysig-
Ds. Derk Rumpff het, terwyl van hy van 1910 tot 1913 leraar van Standerton was, ook Paulpietersburg bedien.
-
Ds. Jan Viljoen Coetzee, leraar van 1916 tot 1918 in kombinasie met Piet Retief.
-
Ds. Johannes Christiaan van der Walt het Paulpietersburg van 1919 tot 1924 bedien in kombinasie met Piet Retief.
-
Ds. Jan du Plessis het Paulpietersburg van 1931 tot sy dood in Februarie 1934 in kombinasie met Piet Retief, Goedgegun en van 1932 af ook Stegi bedien.
-
Ds. Johannes Lodewikus Vorster het Paulpietersburg van 1935 tot 1938 bedien in kombinasie met Piet Retief.
-
Ds. Tjaart Nicolaas Venter, leraar in kombinasie met Piet Retief van 1945 tot 1947.
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Aministratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook
wysig