Jacob de Villiers (regter)
Jacob (Japie) Abraham Jeremy de Villiers (1868 – 1932) was 'n Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika. Hy is op 14 Desember 1868 in Fauresmith gebore. Hy studeer aan Grey-kollege in Bloemfontein en voltooi sy studies in Amsterdam. Hy word in 1893 tot die balie toegelaat. Hy praktiseer in Johannesburg van 1894 tot 1896 en word Staatsprokureur vir die Oranje-Vrystaat tot 1898 toe hy na Johannesburg terugkeer. Hy veg saam met die Vrystaatse burgers in die Tweede Vryheidsoorlog en word na Bermuda gestuur. Met die sluiting van vrede reis hy na Europa en keer in 1903 terug na die Transvaal om sy praktyk voor te sit. Na Uniewording word hy Prokureur-generaal vir Transvaal en word later Regter-president. In 1920 word hy aangestel in die Appélafdeling en van 1929 tot en met sy dood in 1932 was hy Hoofregter van die Unie.
Jacob de Villiers | |
Ampstermyn 1927 – 1929 | |
Monarg | George V |
---|---|
Voorafgegaan deur | William Henry Solomon |
Opgevolg deur | John Wessels |
Regter van die Appèlafdeling
| |
Ampstermyn 1920 – 1929 | |
Regter-president van die Transvaalse Provinsiale Afdeling
| |
Ampstermyn 1910 – 1920 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 1868 Fauresmith, Oranje-Vrystaat |
Sterf | 1932 |
Alma mater | Grey-kollege Universiteit Stellenbosch Universiteit van Amsterdam |