Jacques Burger
Jacques Burger (gebore 29 Julie 1983 in Windhoek, Suidwes-Afrika) is 'n afgetrede Namibiese rugbyspeler wat sy loopbaan by Saracens in die Aviva Premierskap voltooi het.
| |||||
Geboortedatum | 29 Julie 1983 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Windhoek, Namibië | ||||
Lengte | 1.88 m | ||||
Massa | 105 kg | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Flank | ||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Bulle | 2 | ||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2004-2015 | Namibië | 41 | 40 |
Klub loopbaan
wysigHy het by Saracens aangesluit in die 2009/10 seisoen, en gespeel tot die einde van die 2015/16 seisoen. Hy was gekies as die Saracens Speler van die Jaar in 2010/11.[1] Tydens sy tyd by Saracens het hy twee Premier-titels in 2011 en 2015 gewen. Burger het in albei eindstryde begin.[2] Hy het afgetree van professionele rugby teen die einde van die 2015/2016-seisoen.[3]
Hy het voorheen gespeel vir die Bulle. Hy het ook in Frankryk gespeel, in Aurillac in die 2007/08 seisoen. Burger was gekies deur Brendan Venter as 'n plaasvervanger vir Wikus van der Heerden, wat teruggekeer het na Suid-Afrika.
Internasionale loopbaan
wysigHy was die kaptein van die Namibië nasionale rugbyspan en het sy internasionale debuut teen Zambië gemaak in 2004. Hy het deelgeneem by die 2007 Rugbywêreldbeker en 2011 Rugbywêreldbeker.[4] By die 2011 Rugbywêreldbeker, het die IRB se Rugby Nuus Diens Jacques Burger gekies as een van die top 5 spelers van die toernooi.
Na aanleiding van 'n harsingskudding in die 2015 Rugbywêreldbeker teen Georgië het Burger sy uittrede uit internasionale rugby aangekondig.[5]
Verwysings
wysig- ↑ https://web.archive.org/web/20120121195932/http://www.saracens.com/news/first-team-squad/view.php?Id=313 Saracens squad
- ↑ "Leicester 18-22 Saracens". BBC. 28 Mei 2011. Besoek op 14 Mei 2019.
- ↑ http://www.skysports.com/rugby-union/news/12572/10260781/saracens-great-jacques-burger-announces-retirement
- ↑ "Player Profile". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2011. Besoek op 9 Oktober 2018.
- ↑ http://www.espn.co.uk/rugby/story/_/id/13834913/rugby-world-cup-jacques-burger-namibia-career-concussion-rules-argentin-clash