Kirgisië

soewereine staat in Sentraal-Asië
(Aangestuur vanaf Kirghizstan)

Kirgisië of Kirgistan (Kirgisies: Кыргызстан, Kırgızstan, [qɯrʁɯsˈstɑn]; Russies: Киргизия), amptelik die Kirgiese Republiek (Kirgisies: Кыргыз Республикасы, Qırğız Respublikası; Russies: Кыргызская Республика, Kyrgyzskaja Respublika), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië. Dit grens aan Kasakstan in die noorde, Oesbekistan in die weste, Tadjikistan in die suidweste en die Volksrepubliek China in die suidooste. Kirgisië beteken die "Land van veertig stamme", waarop ook die 40 strale van die vlag van Kirgisië dui.

Kirgisiese Republiek
Кыргыз Республикасы
Qırğız Respublikası (Kirgisies)
Кыргызская Республика
Kyrgyzskaja Respublika (Russies)
Vlag van Kirgisië Embleem van Kirgisië
Vlag Embleem
Volkslied: Кыргыз Республикасынын Мамлекеттик Гимни
(tr.: Kırgız Respublikasının Mamlekettik Gimni)
Ligging van Kirgisië
Hoofstad Bisjkek

42°52′N 74°36′O / 42.867°N 74.600°O / 42.867; 74.600

Grootste stad Bisjkek
Amptelike tale Kirgisies (nasionale en amptelike taal)
Russies (amptelike taal)[1]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Sadir Djaparof
Adilbek Kasimalief
Onafhanklikheid
• Kara-Kirgisiese OR
Kirgisiese SSR
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
van die Sowjetunie
14 Oktober 1924
5 Desember 1936
31 Augustus 1991
25 Desember 1991
27 Junie 2010
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
199 951[2] km2  (87ste)
77 202 myl2
3,6
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2009-sensus
 - Digtheid
 
6 172 101[2] (112de)
5 362 800
30,8 / km2 (109de)
79,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$55,010 miljard[3] (129ste)
$7 773[3] (139ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$15,774 miljard[3] (140ste)
$2 229[3] (152ste)

MOI (2022) 0,701[4] (87ste)  –  hoog
Gini (2022) 26,4[5] –  laag
Geldeenheid Som (KGS)
Tydsone
 - Somertyd
KGT (UTC+6)
nie toegepas nie (UTC+6)
Internet-TLD .kg
Skakelkode +996
Nasa-satellietbeeld van Kirgisië
Kaart van Kirgisië
Kirgisië se nege provinsies
Topografiese kaart van Kirgisië
Klimaatsones in Kirgisië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie

Kirgisië beslaan 'n oppervlakte van 199 951 km² en het 'n bevolking van sowat 6,2 miljoen in 2024 gehad.[2] Omtrent 76 persent van die bevolking is Moslems en sowat 73 persent is Kirgisiërs, gevolg deur sowat 15% Oesbeke en 5% Russe. Kirgisië se geografie word veral deur groot bergreekse soos Pamir en Tiensjan gekenmerk; hier vloei ook die Sirdarja. Kirgisië het tot in 1991 as die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek deel uitgemaak van die Sowjetunie.

Kirgisië het nege provinsies (область). Die provinsies is:

  1. Bisjkek*
  2. Batken (Batken)
  3. Chui (Chui-Tokmok)
  4. Jalal-Abad (Jalal-Abad)
  5. Naryn (Naryn)
  6. Osj (Osj)
  7. Talas (Talas)
  8. Issyk-Kul (Karakol)
  9. Osj (stad)

* Bisjkek is die hoofstad van Kirgisië, maar het ook die status van 'n provinsie.

Verwysings

wysig
  1. (en) "Kyrgyzstan's Constitution of 2010 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 29 Desember 2024.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) "Kyrgyzstan". Central Intelligence Agency. Besoek op 29 Desember 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Kyrgyz Republic". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 29 Desember 2024.
  5. (en) "Gini index – Kyrgyz Republic". Wêreldbank. Besoek op 29 Desember 2024.

Bronnelys

wysig
Algemeen

Eksterne skakels

wysig