Grootbek-geelvis
Die grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels in Suid-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die largemouth yellowfish.
Grootbek-geelvis | |
---|---|
Foto van die amptelike Suid-Afrikaanse Grootbek-geelvis (Labeobarbus kimberleyensis) operekord van 22,2 kg, wat gevang is deur mev. Ina du Plessis (regs) in die Vaaldam | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. kimberleyensis
|
Binomiale naam | |
Labeobarbus kimberleyensis (Gilchrist & W. W. Thompson, 1913)
| |
Sinonieme | |
Barbus kimberleyensis Gilchrist & Thompson, 1913 |
Voorkoms
wysigDie vis is lank en silwerkleurig wanneer dit jonk is en word olyfkleurig soos hy verouder. Die vis kan tot 80 cm lank word en weeg dan 22 kg. Dit het 'n groot bek met twee paar baarde onderaan. Die wyfie word groter en leef langer as die mannetjie. Dit is die grootste van die inheemse geskubde visse in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 22,2 kg.
Habitat
wysigDie vis leef in die Oranje- en Vaalrivieropvanggebied, is 'n roofvis en vreet klein vissies, insekte en skulpvis. Die vis groei stadig en die mannetjie bereik volwassenheid wanneer hy ses jaar oud is en die wyfie eers op agt jaar. Die wyfie lê haar eiers gedurende die somer op gruisbeddings in vinnigvloeiende riviere. Die larwes broei na 2-3 dae uit en hul begin vreet na 3 -4 dae. Hulle is 100 mm lank na twee jaar en 300 mm na vyf jaar.
Sien ook
wysigBronne
wysig- First Field Guide to Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst. 1999. ISBN 978-1-86872-288-4
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1