Loodvis

visspesie

Die Loodvis (Labeo molybdinus) is 'n varswater vis wat voorkom in mere en riviere vanaf die middel en onderste gedeeltes van die Zambezirivier en verder suidwaarts tot by die Tugelarivier in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Leaden labeo.

Loodvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. molybdinus
Binomiale naam
Labeo molybdinus

Voorkoms

wysig

Die vis is gryserig bruin en die boonste skubbe is helder groen terwyl die skubbe aan die onderkant ligter is. Die vis word 380 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1.685 kg.

Habitat

wysig

Die vis leef saam met die Rooioog-moddervis maar blyk meer die dieper poele te verkies. Hulle vreet alge en migreer stroomop tydens die reënseisoen om te paar.

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakel

wysig