Mieliegifbol
Die mieliegifbol (Scadoxus puniceus) is 'n bekende lid en geofiet van die familie Amaryllidaceae, een van die Lelieagtiges. Die naam is afgelei van die feit dat die bol skynbaar giftig is en dat die plant die voorkoms van ʼn mielieplant het wanneer dit nie blom nie. 'n Alternatiewe naam, seeroogblom, verwys na die irriterende uitwerking wat die stuifmeel het.
Mieliegifbol | |
---|---|
Scadoxus puniceus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. puniceus
|
Binomiale naam | |
Scadoxus puniceus (L.) Friis & Nordal, 1976
| |
Sinonieme | |
|
Die wetenskaplike naam verwys na die rooi blomme (aima = "bloed"; anthos = "blom"). Die plant word ongeveer 60 cm hoog, terwyl die individuele blare ongeveer 25 cm lank word. In die middel is die blare ongeveer 9 cm breed en die rande gegolf. Die bol kan tot 30 cm in deursnee word en het 'n groot aantal lang, vlesige wortels.
Die blomsteel is 30 tot 40 cm lank en groot getalle klein blommetjies kom saam op 'n enkele hofie voor. Rondom die hofie is beskermende blare, sodat die hele hofie die voorkoms van 'n enkele blom met kelkblare het. Na die blomtyd verskyn helderrooi kersieagtige vruggies wat volgens oorlewering giftig is.
Die mieliegifbol het 'n wye verspreiding in Suid-Afrika, van Oos-Kaap tot in Gauteng. Dit is betreklik volop aan die Witwatersrand, waar dit normaalweg onder groepies bome of struike groei. Ook in die res van die land word hulle byna altyd onder bome aangetref.
Die plant is ook inheems aan Botswana, Eswatini, Ethiopië, Malawi, Mosambiek, Soedan, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Galery
wysigBronnelys
wysig- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409605, volume 19, bl. 41
- SANBI Redlist
- Plants of the World Online