Mis in D-majeur, op. 106 (Missa solemnis) (Beethoven)
Beethoven se Mis in D-majeur, op. 123, beter bekend as sy Missa Solemnis, is 'n plegtige mis wat hy 1819 en 1823 gekomokneer het. Dit is vir die eerste keer op 7 April 1824 volledig uitgevoer in Sint Petersburg, Rusland, onder die beskerming van Beethoven se beskermheer Prins Nikolai Golitsyn. 'n Onvolledige uitvoering is reeds op 7 Mei 1824 in Wene gegee, toe die Kyrie, Credo en Agnus Dei deur die komponis gedirigeer is.[1] Dit word oor die algemeen beskou as een van die komponis se grootste prestasies en – saam met Bach se Mis in B-mineur – een van die mees betekenisvolle komposisies van die tydperk van Westerse klassieke harmonie.[2]
Missa solemnis | |
---|---|
deur Ludwig van Beethoven | |
Die outograafpartituur van die begin van die Kyrie, met die bekende woorde "Von Herzen..." en die uitvoeringsaanduiding "Mit Andacht" | |
Toonaard | D-majeur |
Teks | Gewone mis |
Taal | Latyn |
Toewyding | Aartshertog Rudolf van Oostenryk |
Opgevoer | 7 April 1824 Sint Petersburg : |
Partituur |
|
Dit is min of meer in dieselfde tyd as sy Simfonie no. 9 in D-mineur, op. 125 gekomponeer, maar is Beethoven se tweede toonsetting van die mis; die eerste was sy Mis in C-majeur, op. 86. Die Missa Solemnis is opgedra aan aartshertog Rudolf van Oostenryk, aartsbiskop van Olmütz, sowel Beethoven se voorste beskermheer as sy leerling en vriend. Beethoven het op die afskrif wat hy aan Rudolf voorgelê het, geskryf: "Von Herzen – Möge es wieder –Zu Herzen geh'n!"[3] (Afrikaans: Uit die hart – mag dit weer – na die hart terugkeer!).
Geskiedenis
wysigKomposisiegeskiedenis
wysigDie Missa Solemnis is Beethoven se derde koorkomposisie oor 'n gewyde onderwerp. Die oratorium Christus am Ölberge (1802), en sy vroeëre Mis in C-majeur, op. 86 (1807) is voor die Missa Solemnis gekomponeer. Beethoven het die Missa Solemnis gekomponeer om die inhuldiging van Rudolph van Habsburg-Lorraine as aartsbiskop van Olmütz te vier, wat op 9 Maart 1820 plaasgevind het.
UItvoeringsgeskiedenis
wysigDie eerste uitvoering op 7 April 1824 (26 Maart Ou Styl) het nie in 'n gewyde omgewing plaasgevind nie, maar by die Filharmoniese Vereniging in Sint Petersburg op inisiatief van die Russiese edelman en beskermheer Nikolai Golitsyn. Die première – wat oorspronklik vir Kersfees 1823 beplan is – is vertraag deur die inoefening van die veeleisende koorparty, wat blykbaar meer tydrowend was as wat beplan is, asook deur gedeeltes wat verkeerd gekopieer is. Dit is onbekend wie die première op 7 April 1824 gedirigeer het.
Dele van die mis (die Kyrie, Credo en Agnus Dei) is op 7 Mei 1824 onder leiding van Kapellmeister Michael Umlauf in die Kärntnertor-teater in Wene uitgevoer, saam met die ouverture Die Weihe des Hauses, op. 124 en die première van die Negende Simfonie. Daar is na die drie dele van die mis wat uitgevoer is as "gesange" verwys omdat die Weense sensuurowerhede beswaar gemaak het teen die uitvoering van dele van die mis in 'n sekulêre lokaal.
Nóg 'n uitvoering van die volledige mis het in 1830 in 'n liturgiese omgewing in die kerk van Sint Petrus en Paulus in die Boheemse dorpie Varnsdorf plaasgevind.
Orkestrasie en instrumentasie
wysigDie mis is gekomponeer vir 'n kwartet vokale soliste, 'n aansienlike koor en volle orkes. Elkeen word soms in virtuose, tekstuur- en melodiese hoedanighede gebruik. Die volledige kragte bestaan uit:
- 2 fluite
- 2 hobo's,
- 2 klarinette (in A, C en B-mol)
- 2 fagotte
- 1 kontrafagot
- 4 horings (in D, E-mol, B-mol-basso, E en G)
- 2 trompette (D, B-mol en C)
- 3 trombone (alt, tenoor en bas)
- keteltromme
- orrel-continuo
- strykers (viole (I en II, altviole, tjello's en basviole)
- soliste (sopraan, alt, tenoor en bas)
- gemengde koor
Struktuur
wysigDie Missa Solemnis bestaan uit vyf bewegings, wat ooreenstem met die eerste vyf dele van die ordinarium.
Let wel: Onder "Nota" is die opmerkings in kursief self deur die komponis in die partituur geskryf.
Deel | Beweging | Mates | Incipit | Mates | Tempo | Orestrasie | Toonaard | Meter | Nota |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1
|
Kyrie
|
224
|
Kyrie eleison | 86
|
Assai sostenuto | Soliste, koor en orkes | D-majeur
|
2/2 | "Mit Andacht"
|
Christe eleison | 42
|
Andante assai ben marcato | B-mineur
|
3/2 | |||||
Kyrie eleison | 96
|
Tempo I | D-majeur
|
2/2 | |||||
2
|
Gloria in excelsis Deo, oftewel die Groot Doksologie
|
569
|
Gloria in excelsis Deo | 130
|
Allegro vivace | Koor en orkes | D-majeur | 3/4 | "Gloria"-tema
|
Gratias agimus tibi | 43
|
Meno Allegro | Soliste, koor en orkes | B-mol-majeur | |||||
Domine Deus | 56
|
Tempo I | B-mol-majeur, F-majeur |
"Gloria"-tema
| |||||
Qui tollis peccata mundi | 80
|
Larghetto | D-mineur, D-majeur, B-mol-majeur, D-majeur |
2/4 | |||||
Quoniam tu solus Sanctus | 50
|
Allegro maestoso | Koor en orkes | D-majeur
|
3/4 | ||||
In gloria Dei Patris. Amen | 99
|
Allegro, ma non troppo e ben marcato |
Soliste, koor en orkes
|
4/4 | Fuga
| ||||
66
|
Poco piu Allegro | 2/2 | |||||||
45
|
Presto | Koor en orkes | 3/4 | Rekapitulasie van "Gloria in excelsis Deo" | |||||
3
|
Credo, oftewel die Niceense geloofsbeleidenis
|
473
|
Credo in unum Deum | 124
|
Allegro ma non troppo | Koor en orkes | B-mol-major | "Credo"-tema
| |
Et incarnatus est | 20
|
Adagio | Soliste, koor en orkes
|
D (Dories) | |||||
Et homo factus est | 12
|
Andante | Tenoor, koor en orkes
|
D-majeur | 3/4
|
Tenoorsolo
| |||
Crucifixus etiam pro nobis | 32
|
Adagio espressivo | Soliste, koor en orkes
|
D-mineur | |||||
Et resurrexit tertia die | 6
|
Allegro | Koor
|
G (Miksolidies) | 4/4 | A cappella-koor
| |||
Et ascendit in coelum | 70
|
Allegro molto | Koor en orkes
|
F-majeur
|
2/4 | ||||
Credo in Spiritum Sanctum | 42
|
Allegro ma non troppo | 4/4 | "Credo"-tema | |||||
Et vitam venturi... Amen | 67
|
Allegretto ma non troppo | B-mol-majeur
|
3/2
|
Dubbelfuga
| ||||
60
|
Allegro con moto | ||||||||
40
|
Grave | Koor, soliste en orkes | |||||||
4
|
Sanctus
|
235
|
Sanctus, Sanctus, Sanctus | 33
|
Adagio | Soliste en orkes
|
D-majeur
|
2/4 | "Mit Andacht"
|
Pleni sunt coeli | 19
|
Allegro pesante | 4/4 | Fuga
| |||||
Osanna in excelsis | 27
|
Presto | 3/4
|
||||||
-
|
32
|
Sostenuto ma non troppo | Orkes | G-majeur | "Praeludium"
| ||||
Benedictus qui venit | 124
|
Andante molto cantabile e non troppo mosso |
Soliste, koor, soloviool en orkes | G-majeur, C-majeur, G-majeur |
12/8 | Vioolsolo
| |||
5
|
434
|
Agnus Dei | 95
|
Adagio | Soliste, koor en orkes
|
B-mineur
|
4/4 | ||
Dona nobis pacem | 68
|
Allegretto vivace | D-majeur
|
6/8 | "Bitte um innern
und äussern Frieden" | ||||
26
|
Allegro assai | B-mol-majeur | 4/4 | Militêre episode 1
| |||||
76
|
Tempo I | F-majeur, D-majeur |
6/8 | Aanhaling uit Händel se Messiah: "And he shall reign"
| |||||
88
|
Presto | D-majeur, B-mol-majeur |
2/2 | Militêre episode 2
| |||||
81
|
Tempo I | B-mol-major, D-majeur |
6/8 |
'n Uivoering van die volledige werk duur tussen 70 en 90 minute lank.
Ontleding
wysigDie komposisie toon Beethoven se kenmerkende minagting van die kunstenaar. Dit is op verskeie plekke sowel tegnies as fisiek veeleisend, met skielike veranderinge aan dinamiek, metrum en tempo. Dit gebeur dwarsdeur die mis. In die opening van die Kyrie, byvoorbeeld, word die lettergrepe "Ky-ri" óf forte óf sforzando gesing en gespeel, maar die laaste lettergreep "-e" is piano. Soos hieronder aangedui, is die herhaling van die "Et vitam venturi"-fuga besonder veeleisend, aangesien dit subtiel verskil van die vorige weergawes van die tema en teentema, en teen ongeveer twee keer die tempo uitgevoer word. Die orkesdele sluit ook baie veeleisende afdelings in, insluitend die vioolsolo in die Sanctus en van die veeleisendste werke in die repertorium vir fagot en kontrafagot. Die moeilikheidsgraad van die stuk, gekombineer met die vereistes vir 'n volle orkes, groot koor en hoogs opgeleide soliste, sowel vokaal as instrumentaal, beteken dat dit nie dikwels deur amateur- of semiprofessionele ensembles uitgevoer word nie.
Kyrie
wysigDie Kyrie is moontlik die mees tradisionele beweging, in 'n tradisionele ABA-struktuur gestruktureer. Die drie groot openingsakkoorde in D-majeur kontrasteer skerp met die vierde pianissimo reaksie: (GOD/mens), gevolg deur nederige dog statige koorwerk in die eerste gedeelte en meer kontrapuntale vokale teksture in die "Christe eleison"-degeelte. Die vier vokale soliste en die koor deel deurgaans die tematiese materiaal, eersgenoemde veral in die "Christe eleison"-gedeelte.
Gloria
wysigElke gedeelte van die Gloria word gekenmerk deur snel verskuiwende teksture en temas beklemtoon elke gedeelte van die Gloria-teks. Die begin van die beweging is bykans ensiklopedies is in sy verkenning van 3/4-tyd. Die beweging eindig met die eerste van die werk se twee fugas op die teks "In gloria Dei patris. Amen", wat lei tot 'n rekapitualsie van die aanvanklike Gloria-teks en musiek.
Credo
wysigDie Credo kan in vier dele verdeel word:
- "Credo in unum Deum" tot en met "descendit de coelis" in B-mol
- "Et incarnatus est' tot en met "Et resurrexit" in D
- "Et ascendit" tot en met Credo-rekapitulasie in F
- Fuga en koda "Et vitam venturi saeculi. Amen" in B-mol
Die beweging begin met 'n akkoordsekwent wat later weer in die beweging gebruik sal word om modulasies te bewerkstellig. Die woord "Credo" word herhaaldelik in 'n tweenootmotief gesing, en die werk sluit dus aan by die tradisie van sogenaamde "Credo"-misse, insluitend Wolfgang Amadeus Mozart se Missa brevis in F-majeur, K. 192 en die Mis in C-majeur, K. 257.[4] Die aangrypende modale harmonieë van die "Et incarnatus"-gedeelte beweeg tot steeds meer ekspressiewe hoogtes deur die "Crucifixus", en in 'n merkwaardige, a cappella-toonsetting van die "Et resurrexit", wat verby is amper voordat dit begin het. Die opvallendste gedeelte van dié beweging is egter die slotfuga op "Et vitam venturi saeculi", wat een van die moeilikste passasies in die koorrepertorium insluit, wanneer die tema teen verdubbelde tempo terugkeer vir 'n opwindende slot.
Sanctus
wysigTot en met die "Benedictus" van die Sanctus is die Missa solemnis van redelik normale klassieke proporsies. Maar dan, ná 'n orkesvoorspel, betree 'n soloviool in sy hoogste omvang – 'n simbool van die Heilige Gees wat na die aarde neerdaal in 'n merkwaardige, lang uitbreiding van die teks.
Agnus Dei
wysig'n Toonsetting van die pleidooi "miserere nobis" (Afrikaans: wees ons genadig), wat in B-mineur en aanvanklik slegs die manstemme gesing, lei uiteindelik tot 'n helder gebed in D-majeur "dona nobis pacem" (Afrikaans: gee ons vrede) in 'n pastorale styl. Na 'n kort fugale ontwikkeling word dit skielik en dramaties deur oorlogsgeluide onderbreek ('n konvensie in die 18de eeu, soos in Haydn se Missa in tempore belli), maar ná herhaalde pleidooie van "miserere", herstel dit uiteindelik en tot 'n vreedsame einde.
Kritiese ontvangs
wysigSommige kritici was ontsteld dat, soos Theodor W. Adorno dit gestel het, "there is something peculiar about the Missa solemnis."[5] In baie opsigte is dit 'n atipiese werk; Die volgehoue tematiese ontwikkeling, wat een van Beethoven se kenmerke is, ontbreek in die werk. Die fugas aan die einde van die Gloria en Credo belyn dit met die werke uit sy laat periode, maar sy gelyktydige belangstelling in die tema-en-variasiesvorm is afwesig. In plaas daarvan bied die Missa Solemnis 'n deurlopende musikale narratief, bykans sonder enige herhaling – veral in die Gloria en Credo, die twee langste bewegings. Die styl, het Adorno opgemerk, is kom ooreen met die behandeling van temas in nabootsing, wat 'n mens in die werke van die Vlaamse meesters soos Josquin des Prez en Johannes Ockeghem aantref. Dit is egter onduidelik of Beethoven hul tegnieke doelbewus nageboots het om aan die eise van die teks van die mis te voldoen. Donald Tovey het Beethoven op 'n ander manier met die vroeëre tradisie verbind:[6]
Not even Bach or Handel can show a greater sense of space and of sonority. There is no earlier choral writing that comes so near to recovering some of the lost secrets of the style of Palestrina. There is no choral and no orchestral writing, earlier or later, that shows a more thrilling sense of the individual colour of every chord, every position, and every doubled third or discord. Michael Spitzer bied 'n alternatiewe siening van die historiese konteks van Beethoven se miskomposies aan:[7]
Gregorian melodies, of course, continued to be used in the Mass throughout the eighteenth century; but by Beethoven's time they were relatively rare, especially in orchestral Masses. The one composer who still used them extensively is Michael Haydn, in his a cappella Masses for Advent and Lent. It is significant that in some of these he limits the borrowed melody to the Incarnatus and expressly labels it "Corale." In the Missa dolorum B. M. V. (1762) it is set in the style of a harmonized chorale, in the Missa tempore Qudragesima of 1794 note against note, with the Gregorian melody (Credo IV of the Liber Usualis) appearing in the soprano. I have little doubt that Beethoven knew such works of Michael Haydn, at that time the most popular composer of sacred music in Austria.
Opnames
wysigKlankopnames
wysigJaar | Dirigent | Orkes en koor | Soliste | Etiket |
---|---|---|---|---|
1928 | Bruno Kittel | Berlynse Filharmoniese Orkes, Bruno-Kittel Koor |
Lotte Leonard/Emmy Land, Elenor Schlosshauer-Reynolds, Anton Maria Topitz/Eugen Transky, Wilhelm Guttmann/Hermann Schey |
Polydor |
1935 | Arturo Toscanini | New York Filharmoniese Orkes, New York Schola Cantorum |
Elisabeth Rethberg, Marion Telva, Giovanni Martinelli, Ezio Pinza |
Archipel |
1937 | Thomas Beecham | Londense Filharmoniese Orkes, Leeds Feeskoor |
Isobel Baillie, Mary Jarred, Heddle Nash, Keith Falkner |
EMI |
1938 | Sergey Koussevitzky | Boston Simfonieorkes, Radcliffe Choral Society, Harvard Glee Club |
Jeanette Vreeland, Anna Kaskas, John Priebe, Norman Cordon |
RCA |
1939 | Arturo Toscanini | BBC Simfonieorkes BBC Koorgemeenskap |
Zinka Milanov, Kerstin Thorborg, Koloman von Pataky, Nicola Moscona |
Archipel |
1940 | Clemens Krauss | Koor en orkes van die Weense Staatsopera | Trude Eipperle, Luise Willer, Julius Patzak, Georg Hann |
Archipel |
1940 | Arturo Toscanini | NBC Simfonieorkes, Westminster Koor |
Zinka Milanov, Bruna Castagna Jussi Björling, Alexander Kipnis |
Music and Arts |
1946 | Erich Kleiber | Teatro Colon-orkes en koor | Nilda Hoffmann, Mafalda Rinaldi, Lydia Kindermann, Kolomon von Pataky |
Archipel |
1948 | Bruno Walter | New York Filharmoniese Orkes, Westminster-koor |
Eleanor Steber, Nan Merriman, Walter Hain, Lorenzo Alvary |
Music and Arts |
1948 | Erich Kleiber | Stockholm Filharmoniese Orkes en Koor | Birgit Nilsson, Lisa Tunnel, Gosta Backlein, Sigurd Bjorling |
Music and Arts |
1950 | Otto Klemperer | Weense Simfonieorkes Akademiekoor van Wene |
Ilona Steingruber, Elsa Schürhoff, Ernst Maykut, Otto Wiener |
Vox |
1953 | Arturo Toscanini | NBC Simfonieorkes, Robert Shaw Chorale |
Lois Marshall, Nan Merriman, Eugene Conley, Jerome Hines |
RCA |
1955 | Otto Klemperer | Keulen Radiosimfonieorkes, Keulen Radiokoor, Koor van die Noordduitse Radio |
Annelies Kupper, Sieglinde Wagner, Rudolf Schock, Josef Greindl |
Archiphon |
1955 | Karl Böhm | Berlynse Filharmoniese Orkes Koor van die Sint Hedwigs-katedraal |
Maria Stader, Marianna Radev, Anton Dermota, Josef Greindl |
Deutsche Grammophon |
1955 | Volkmar Andrae | Weense Simfonieorkes Weense Singverein |
Teresa Stich-Randall, Hilde Rössel-Majdan, Julius Patzak, Gottlob Frick |
Archipel |
1957 | Carl Schuricht | Noordwesduitste Filharmonie, Koor van die Sint Hedwigs-katedraal |
Maria Stader, Elsa Cavelti, Ernst Haefliger, Heinz Rehfuss |
Archiphon |
1957 | Otto Klemperer | Concertgebouw Orkes, Toonkunstkoor Amsterdam, Collegium Musicum Amstelodamense |
Elisabeth Schwarzkopf, Nan Merriman, József Simándy, Heinz Rehfuß |
Archipel |
1959 | Herbert von Karajan | Weense Filharmoniese Orkes, Weense Singverein |
Leontyne Price, Christa Ludwig, Nicolai Gedda, Nicola Zaccaria |
EMI |
1960 | Leonard Bernstein | New York Filharmoniese Orkes, Westminster-koor |
Eileen Farrell, Carol Smith, Richard Lewis, Kim Borg |
Columbia |
1960 | Herbert von Karajan | Philharmonia-orkes Wiener Singverein |
Elisabeth Schwarzkopf, Christa Ludwig, Nicolai Gedda, Nicola Zaccaria |
Testament |
1963 | Günter Wand | Keulse Gürzenich-orkes, Gürzenich-koor |
Leonore Kirchstein, Jeanne Deroubaix, Peter Schreier, Günther Morbach |
Nonesuch. Testament |
1965 | Otto Klemperer | New Philharmonia Orkes en Koor | Elisabeth Söderström, Marga Höffgen, Waldemar Kmentt, Martti Talvela |
EMI |
1966 | Herbert von Karajan | Berlynse Filharmoniese Orkes, Weense Singverein |
Gundula Janowitz, Christa Ludwig, Fritz Wunderlich, Walter Berry |
Deutsche Grammophon |
1967 | Eugene Ormandy | Philadelphia Orkes, Singing City Kore |
Martina Arroyo, Maureen Forrester, Richard Lewis, Cesare Siepi |
Columbia |
1967 | George Szell | Cleveland Orkes en Koor | Sara Mae Endich, Florence Kopleff, Ernst Haefliger, Ezio Flagello |
Urania |
1970 | Eugen Jochum | Concertgebouw Orkes, Nederlandse Radiokoor |
Agnes Giebel, Marga Höffgen, Ernst Haefliger, Karl Ridderbusch |
Philips |
1973 | William Steinberg | Keulse Radiosimfonieorkes, Keulse Radiokoor |
Heather Harper, Julia Hamari, Sven Olof Eliasson, Peter Meven |
ica classics |
1974 | Karl Böhm | Weense Filharmoniese Orkes, Weense Konsertvereniging Staatsoperakoor |
Margaret Price, Christa Ludwig, Wiesław Ochman, Martti Talvela |
Deutsche Grammophon |
1975 | Herbert von Karajan | Berlynse Filharmoniese Orkes, Weense Singverein |
Gundula Janowitz, Agnes Baltsa, Peter Schreier, Jose Van Dam |
EMI |
1975 | Carlo Maria Giulini | Londense Filharmoniese Orkes New Philharmonia Koor |
Heather Harper, Janet Baker, Robert Tear, Hans Sotin |
EMI |
1977 | Rafael Kubelík | Koor en Simfonieorkes van die Beierse Radio | Helen Donath, Brigitte Fassbänder, Peter Schreier, John Shirley-Quirk |
Orfeo |
1977 | Colin Davis | Londense Simfonieorkes en -koor | Anna Tomova-Sintow, Patricia Payne, Robert Tear, Robert Lloyd |
Philips |
1978 | Georg Solti | Chicago Simfonieorkes en -koor | Lucia Popp, Yvonne Minton, Mallory Walker, Gwynne Howell |
Decca |
1978 | Leonard Bernstein | Concertgebouw Orkes, Radiokoor van die NOS, Hilversum |
Edda Moser, Anna Schwarz, René Kollo, Kurt Moll |
Deutsche Grammophon |
1982 | Georg Solti | Londense Filharmoniese Orkes, Edinburgh-feeskoor |
Helen Donath, Doris Soffel, Siegfried Jerusalem, Hans Sotin |
LPO |
1985 | Herbert von Karajan | Berlynse Filharmoniese Orkes, Weense Singverein |
Lella Cuberli, Trudeliese Schmidt, Vinson Cole, José van Dam |
Deutsche Grammophon |
1985
|
Michael Gielen | ORF Radiosimfonieorkes van Wene, Weense Singverein |
Alison Hargan, Marjana Lipovšek, Thomas Moser, Matthias Hölle |
Orfeo |
1987 | Michael Gielen | SWF-Simfonieorkes Baden-Baden, Praag Filharmoniese Orkes |
Phyllis Bryn-Julson, Marjana Lipovšek, Josef Protschka, Kurt Rydl |
Intercord/Aurophon |
1987 | Terje Kvam | The Hanover Band, Oslo-katedraalkoor |
Marianne Hirsti, Carolyn Watkinson, Andrew Murgatroyd, Michael George |
Nimbus |
1988 | Antal Doráti | Europese Simfonieorkes, Koor van die University van Maryland |
Tina Kiberg, Rosemarie Lang, William Cochran, Mikhail Krutikov |
BIS |
1988 | Antal Doráti | Europese Simfonieorkes, Koor van die University van Maryland |
Barbara Martig-Tüller, Rosemarie Lang, William Cochran, Thomas Brandis |
Melodiya |
1988 | Robert Shaw | Atlanta Simfoniekoor en -orkes | Sylvia McNair, Janice Taylor John Aler, Tom Krause |
Telarc |
1989 | John Eliot Gardiner | Orchestre Révolutionnaire et Romantique Monteverdi Koor |
Charlotte Margiono, Catherine Robbin, William Kendall, Alastair Miles |
Archiv Produktion |
1989 | Helmuth Rilling | Bach-Collegium Stuttgart, Gächinger Kantorei Stuttgart | Pamela Coburn, Florence Quivar, Aldo Baldin, Andreas Schmidt |
Hänssler |
1990 | Jeffrey Tate | Engelse Kamerorkes, Tallis Kamerkoor |
Carol Vaness, Waltraud Meier, Hans Peter Blochwitz, Hans Tschammer |
EMI |
1991 | Daniel Barenboim | Chicago Simfonieorkes en -koor | Tina Kiberg, Waltraud Meier John Aler, Robert Holl |
Erato |
1991 | James Levine | Weense Filharmoniese Orkes, Leipzig Radiokoor, Sweedse Radiokoor, Eric Ericson-kamerkoor |
Cheryl Studer, Jessye Norman, PlácidoDomingo, Kurt Moll |
Deutsche Grammophon |
1992 | Nikolaus Harnoncourt | Europese Kamerorkes, Arnold Schoenberg Koor |
Eva Mei, Marjana Lipovsek, Anthony Rolfe Johnson, Robert Holl |
Teldec |
1993 | Rudolf Barshai | Russiese Nasionale Orkes, Sveshnikov-mannekoor, Moskou Radio-kinderkoor |
Ursula Fiedler, Barbara Hölzl, Werner Hollweg, Jakob Stämpfli |
Capriole |
1994 | Georg Solti | Berlynse FIlharmoniese Orkes Berlynse Radiokoor |
Julia Varady, Iris Vermillion, Vinson Cole, René Pape |
Decca |
1996 | Kurt Masur | Gewandhaus-orkes Leipzig, Leipzig Radiokoor |
Anna Tomowa-Sintow, Annalies Burmeister, Peter Schreier, Hermann Christian Polster |
Berlin Classics |
2001 | David Zinman | Tonhalle Orkes Zürich, Switserse Kamerkoor |
Luba Orgonasova, Anna Larsson, Rainer Trost, Franz-Josef Selig |
Arte Nova |
2001 | Roger Norrington | Radiosimfonieorkes Stuttgart van die SWR, NDR-koor, SWR Vokalensemble |
Amanda Halgrimson, Cornelia Kallisch, John Aler, Alastair Miles |
Hänssler |
2002 | Philippe Herreweghe | Orchestre des Champs-Elysées, Collegium Vocale Gent La Chapelle Royale |
Rosa Mannion, Birgit Remmert, James Taylor, Cornelius Hauptmann |
Harmonia Mundi |
2003 | Kenneth Schermerhorn | Nashville Simfonieorkes en -koor | Lori Phillips, Robynne Redmon, James Taylor, Jay Baylon |
Naxos |
2006 | Colin Davis | Simfonieorkes en -koor van die Beierse Radio | Luba Orgonasova, Jadwiga Rappé, Uwe Hellmann, Jan-Hendrik Rootering |
RCA |
2007 | Gustav Kuhn | Bolzano-Trento Haydn-orkes, Koorakademie van die Tiroolse Fees |
Ingrid Kaiserfeld, Hermine Haselbock, Wolfram Wittekind, Liang Li |
Col Legno |
2008 | Valentin Radu | Ama Deus Ensemble | Sarah Davis, Jody Kidwell, Timothy Bentch, Ed Bara |
Lyrichord |
2010 | Alan Gilbert | New York Filharmoniese Orkes, New York Choral Artists |
Christine Brewer, Jane Henschel, Anthony Dean Griffey, Eric Owens |
NY Philharmonic |
2010 | Enoch zu Guttenberg | KlangVerwaltung Orkes en Koor | Susanne Bernhard, Anke Vondung, Pavol Breslik, Yorck Felix Speer |
Farao Classics |
2011 | Charles Mackerras | Sydney Simfonieorkes, Sydney Filharmonia Koor |
Rosamund Illing, Elizabeth Campbell, Christopher Doig, Rodney Macann |
ABC Classics |
2012 | Herbert Blomstedt | Gewandhaus Orkes, MDR Radiokoor |
Simone Schneider, Gerhild Romberger, Richard Croft, Jochen Kupfer |
Querstand |
2012 | Christoph Eschenbach | Londen Filharmoniese Orkes en Koor | Anne Schwanewilms, Annette Jahns, Nikolai Schukoff, Dietrich Henschel |
LPO |
2012 | Philippe Herreweghe | Orchestre des Champs-Elysées, Collegium Vocale Gent |
Marlis Petersen, Gerhild Romberger, Benjamin Hulett, David Wilson-Johnson |
PHI |
2012 | John Eliot Gardiner | Orchestre Révolutionnaire et Romantique, Monteverdi Choir |
Lucy Crowe, Jennifer Johnston, James Gilchrist, Matthew Rose |
SDG |
2014 | Bernard Haitink | Simfonieorkes en Koor van die Beierse Radio | Genia Kühlmeier, Elisabeth Kulman, Mark Padmore, Hanno Müller-Brachmann |
BR Klassik |
2015 | Nikolaus Harnoncourt | Concentus Musicus Wien, Arnold Schoenberg Koor |
Laura Aikin, Bernarda Fink, Johannes Chum, Ruben Drole |
Sony |
2017 | Daniel Reuss | Orkes van die Agtiende Eeu, Cappella Amsterdam |
Carolyn Sampson, Marianne Beate Kielland, Thomas Walker, David Wilson-Johnson |
Glossa |
2017 | Marek Janowski | Radiosimfonieorkes Berlyn, MDR-Radiokoor Leipzig |
Regine Hangler, Elisabeth Kulman, Christian Elsner, Franz-Josef Selig |
Pentatone |
2018
|
Masaaki Suzuki | Bach Collegium Japan | Ann-Helen Moen, Roxana Constantinescu, James Gilchrist, Benjamin Bevan |
BIS |
2019
|
Frieder Bernius | Hofkapel Stuttgart, Stuttgartse Kamerkoor | Johanna Winkel, Sophie Harmsen, Sebastian Kohlhepp, Arttu Kataja |
Carus |
2021
|
René Jacobs | Freiburgse Barokorkes, RIAS Kamerkoor |
Polina Pastirchak, Sophie Harmsen, Steve Davislim, Johannes Weisser |
Harmonia Mundi |
2023
|
Jordi Savall | Le Concert des Nations, La Capella Nacional de Catalunya |
Lina Johnson, Olivia Vermeulen, Martin Platz, Manuel Walser |
AliaVox |
Video
wysigYear | Conductor | Orchestra and choir | Soloists | Label |
---|---|---|---|---|
1977 | Rafael Kubelík | Simfonieorkes en Koor van die Beierse Radio | Helen Donath, Brigitte Fassbänder, Peter Schreier, John Shirley-Quirk |
|
1978 | Leonard Bernstein | Concertgebouw Orkes, Radiokoor van die NOS, Hilversum |
Edda Moser, Anna Schwarz, René Kollo, Kurt Moll |
|
1990 | Herbert von Karajan | Berlynse Filharmoniese Orkes, WeenseSingverein |
Anna Tomowa-Sintow, Ruža Baldani, Eric Tappy, José van Dam |
Deutsche Grammophon |
1994 | John Eliot Gardiner | Simfonieorkes en Koor van die Noordduitse Radio, Monteverdi Koor |
Luba Orgonasova, Catherine Robbin, Anthony Rolfe Johnson, Alastair Miles |
ZDF |
2005 | Fabio Luisi | Staatskapel Dresden, Saksiese Staatsoperakoor Dresden |
Camilla Nylund, Birgit Remmert, Christian Elsner, René Pape |
EuroArts |
2005 | Gilbert Levine | Koninklike Filharmoniese Orkes, Londen Filharmoniese Koor |
Bozena Harasimowicz, Monica Groop, Jerry Hadley, Franz-Josef Selig |
Arthaus Musik |
2014
|
John Eliot Gardiner | Orchestre Révolutionnaire et Romantique Monteverdi Koor |
Lucy Crowe, Jennifer Johnston, Michael Spyres, Mathew Rose |
BBC |
2016 | Nikolaus Harnoncourt | Concertgebouw Orkes, Nederlandse Radiokoor |
Marlis Petersen, Elisabeth Kulman, Werner Güra, Gerald Finley |
C Major |
2016 | Andrés Orozco-Estrada | Sinfonieorkes van die Hessiese Radio, Weense Singverein |
Regine Hangler, Katrin Wundsam, Steve Davislim, Hanno Müller-Brachmann |
|
2016 | Daniel Reuss | Orkes van die Agtiende Eeu, Cappella Amsterdam |
Carolyn Sampson, Marianne Beate Kielland, Thomas Walker, David Wilson-Johnson |
Avrotros/NPO |
2019
|
Frieder Bernius | Hofkapel Stuttgart, Stuttgart Kamerkoor |
Johanna Winkel, Sophie Harmsen, Sebastian Kohlhepp, Arttu Kataja |
Naxos |
2020 | Christian Thielemann | Staatskapel Dresden, Saksiese Staatoperakoor Dresden |
Krassimira Stoyanova, Elina Garanča, Michael Schade, Franz-Josef Selig |
C Major |
2021 | John Eliot Gardiner | Simfonieorkes en -koor van die Beierse Radio | Lucy Crowe, Gerhild Romberger, Julian Prégardien, Tareq Nazmi |
|
2021 | Riccardo Muti | Weense Filharmoniese Orkes, Konsertvereniging van die Staatoperakoor |
Rosa Feola, Alisa Kolosova, Dmitry Korchak, Ildar Abdrazakov |
Unitel |
2022 | Philippe Herreweghe | Orchestre des Champs-Elysées, Collegium Vocale Gent |
Eleanor Lyons, Eva Zaïcik, Ilker Arcayürek, Hanno Müller-Brachmann |
Verwysings
wysig- ↑ Elliot Forbes (ed.), Thayer's Life of Beethoven, Princeton, 1970, vol. II, p. 908, p. 925
- ↑ Hess, W. (red.). S.d. Beethoven: Missa Solemnis. Voorwoord. Edition Eulenburg No. 951.
- ↑ Sien: Beethoven, L. van. 1965. Missa solemnis, Op. 123. "Kyrie". Tutzing: Schneider (faksimilee-uitgawe).
- ↑ Stauffer, G.B. 2003. Bach – The mass in B minor: The great Catholic mass, bl. 103.
- ↑ Adorno, T.W. 1976. Alienated masterpiece: The Missa solemnis. In Telos 28:113–124. DOI: journal.telospress/cgi/doi/10.3817/0676028113.
- ↑ Tovey, D.F. 1937. Essays in musical analysis. Volume V. Londen: Oxford University Press, bl. 165.
- ↑ Spitzer, M. 2005. Beethoven. Eerste uitgawe. Oxon: Routledge, bl. 123–124.
Bronnelys
wysig- Lester, J. 1970. Revisions in the Autograph of the Missa Solemnis Kyrie. In Journal of the American Musicological Society 23 (3):420–438. DOI: https://doi.org/10.2307/830614.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mis in D-majeur, op. 106 (Missa Solemnis) (Beethoven)
- Bladmusiek by die International Music Score Library
- Kristin Diana Trayer: Ludwig van Beethoven's Missa Solemnis, Mass in D, Op.123 fulminiesaette.it
- Jan Swafford: Missa Solemnis, a Divine Bit of Beethoven, NPR