Nwanedi- Provinsiale Park
Die Nwanedi- Provinsiale Park is 'n beskermde gebied in die noordelike deel van die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Dit is ongeveer 20 km oos van Tshipise en 35 km noord van Thohoyandou geleë, aan die westekant van die Krugerwildtuin. Die Nwanedi-reservaat het 'n oppervlakte van ongeveer 11 170 ha en sluit 'n deel van die beboste hange van die Soutpansbergreeks in.
Nwanedi- Provinsiale Park | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Naaste dorp | Thohoyandou |
Koördinate: 22°37′55″S 30°24′6″O / 22.63194°S 30.40167°O | |
Oppervlak | 11 170 ha |
Bestuursliggaam | Limpoporegering |
Die tweelingdamme, die Nwanedidam en die Luphephedam, by die samevloeiing van die Nwanedirivier en sy belangrikste sytak, die Luphephe, is geleë in die beskermde gebied.[1] Een van die geheime van die wildreservaat is 'n skouspelagtige waterval, bekend as Tshihovhohovho-waterval. Die park het volop wild, insluitend 'n redelike aantal witrenosters in sy Laeveldsone.[2]
Die Soutpansberg of "Tha vhani ya Muno" is in die tradisionele gebied van die Vendavolk geleë.[3] Dit is ryk in plantdiversiteit met geelhoutbome, twaalf acaciaspesies, insluitend koorsbome, reuse kiepersol, proteas en stokou boomvarings.[4] Die rotsagtige heuwels is 'n toevlugsoord vir roofvoëls.[5]
Verwysings
wysig- ↑ Nwanedi Game Reserve, Limpopo
- ↑ "Nwanedi Nature Reserve". protectedplanet.net (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2012.
- ↑ "Land of the Venda". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Maart 2012. Besoek op 11 Augustus 2015.
- ↑ Soutpansberg Endemic Flora
- ↑ "Fauna and Flora". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2015. Besoek op 11 Augustus 2015.
Eksterne skakels
wysig- Nwanedi Provincial Park Geargiveer 2 Maart 2013 op Wayback Machine
- Soutpansberg Conservancy and surrounding areas Geargiveer 22 April 2020 op Wayback Machine
- Open Africa Route Geargiveer 16 Februarie 2014 op Wayback Machine