Ollie le Roux
Ollie le Roux (* 5 Mei 1973, Fort Beaufort)[2] is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en oud-Springbok. Hy het die Natalse Haaie en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Sharks, Cats en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.
| |||||
Volle naam | André-Henri le Roux | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 10 Mei 1973 | ||||
Geboorteplek | Fort Beaufort (Suid-Afrika) | ||||
Lengte | 1,82 m | ||||
Massa | 136 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van die Vrystaat | ||||
Eggenote | Mariska | ||||
Kinders | Mia, Chloe, Donna[1] | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler, boer | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Stut, haker | ||||
Springbokno. | 600 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Shimlas | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2009 | Leinster | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2008 1996–2003 |
VS Cheetahs Natal |
||||
korrek soos op 19 Maart 2013. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–2003 2005 2006–2007 |
Sharks Cats Cheetahs |
? 3 21 |
(?) (0) (5) | ||
korrek soos op 20 Maart 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1994–2002 | Suid-Afrika | 54 | 5 | ||
korrek soos op 20 Maart 2013. |
Toe hy op skool was het Le Roux provinsiale kleure gekry in rugby, waterpolo en muurbal. Hy het in 1991 gematrikuleer en vir die eerste keer in 1994 vir die Springbokke gespeel en het in totaal in 54 toetse uitgedraf. Hy is die jongste stut wat nóg vir die Springbokke gespeel het en hy is ook die Springbok wat die meeste wedstryde as reserwe begin het (43). Le Roux het op uitnodiging vir die Barbarians gespeel[3] en in 2008 vir Leinster in die Heinekenbeker en die Magners-liga.
In 2011 het Le Roux hom as skrumkonsultant by die Griekwas aangesluit vir drie jaar.[4] In 2012 het hy aan die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem en dit in 16 uur en 30 minute voltooi.[5]
Buiten konsultasiewerk is Le Roux sedert sy uittrede ’n hoenderboer buite Bloemfontein met sy vrou Mariska en hul vier dogters Mia, Chloe, Donna en Lisa.[6]
Verwysings
wysig- ↑ (en) Lotter, Stefan (19 Maart 2012). "Wat het van Ollie le Roux geword" (html). Free State Times. Besoek op 20 Maart 2013.[dooie skakel]
- ↑ Ollie Le Roux player profile ESPN Scrum.com
- ↑ O’Rielly, Peter (4 November 2007). "Ollie le Roux is honger vir meer". The Sunday Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 24 Desember 2010.
- ↑ Karstens, Gerdie (1 Februarie 2011). "Ollie gewerf deur Griekwas" (html) (in Engels). Sport24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 20 Maart 2013.
- ↑ Bürger, Vicus (24 April 2012). "Ollie in trane na taai stryd". Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2012. Besoek op 20 Maart 2013.
- ↑ "LEGENDS OF LEINSTER – OLLIE LE ROUX..." (in Engels). 31 Oktober 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016.
Eksterne skakels
wysig- Ollie le Roux by SARugby.co.za
- Ollie le Roux by www.genslin.us/bokke
- Leinster profiel
- Profiel by ESPNscrum.com