Owen Rhoscomyl (* 6 September 1863, Southport, Merseyside, Engeland - † 15 Oktober 1919, Londen Engeland) is ’n skuilnaam van Arthur Owen Vaughan. Vaughan is veral bekend vir die bydrae wat hy tot die Afrikaanse literatuurgeskiedenis gemaak het met sy, en sy vrou, Katherine Louisa Vaughan se boek Ou Hendrik se stories. As Owen Rhoscomyl publiseer hy verskeie Engelse romans en geskiedkundige werke.

Titelblad van sy werk Flame-bearers of Welsh History

Lewe en werk

wysig

Robert Scourfield Mills is op 6 September 1863 in Southport, Merseyside in Engeland gebore. In sy grootwordjare ervaar hy verskeie ontwrigtings wat veroorsaak dat hy uiteindelik by sy ouma (aan moederskant) in Wallis grootword. Dit is ook sy ouma wat hom Owen begin noem.

As vyftienjarige loop hy weg van die huis en gaan per skip na Amerika waar hy ondermeer as cowboy en prospekteerder werk. Na sy terugkeer na Engeland sluit hy by die Britse Weermag aan. (Tydens hierdie fase van sy lewe staan hy as Robert Milne bekend.) Hoewel hy geforseer word om uit die weermag te bedank, besluit hy om op eie stoom na Suid-Afrika te gaan met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899. Met sy aankoms in Suid-Afrika word hy toegelaat tot die Rimington’s Guides. As deel van hierdie eenheid is hy betrokke by verskeie veldslae (o.a. Magersfontein, Modderrivier en Belmont)  en ontsettings (o.a. Johannesburg, Paardeberg en Kimberley).[1]

In Suid-Afrika ontmoet hy ook die boeremeisie, Katherine Louisa de Geere. Hulle trou, sonder die toestemming van haar ouers op 21 Desember 1900, op die walle van die Vaalrivier.[2]

Die paartjie keer terug na Engeland en Vaughan begin onder die naam Owen Rhoscomyl, wat hy aflei van Rho(bert) Sco(urfield) Myl(ne), te skryf.

Vaughan sit sy loopbaan as soldaat tydens die Eerste Wêreldoorlog voort. Vir sy dapperheid en getroue diens in die weermag en in oorlogstoestande verower hy die Distinguished Service Order (DSO) en die koning ken ook na sy dood die Order of the British Empire (OBE) toe.[3]

Hy en Katherine het vier kinders. Arthur Owen Vaughan is op 15 Oktober 1919 in ’n hospitaal in Londen aan lewerkanker oorlede.[3]

Publikasies

wysig
Jaar Titel van publikasies
1895 The Jewel of Ynys Galon
1896 Battlement and Tower
1897 The White Rose of Arno
1898 The Shrouded Face
1905 Flame-Bearers of Welsh History
1906 Old Fireproof
1907 Dewi Sant, St. David (saam met eerw. J.E. Davies)

Sweet Rogues

Vronina

1908 Isle Raven

A scout’s story

1912 The children of Don (saam met lord Howard de Walden)
1913 Lone tree lode

The Matter of Wales

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig