Papegaaiberg
Papegaaiberg is ‘n heuwel wat uitkyk oor Stellenbosch en die vallei van die Eersterivier.
Ligging
wysigDie hoogste punt is by 33° 56′ 4,85″ suid en 18° 50′ 4,2″ oos. Aan die oostekant skei die Plankenbrugrivier die kop van die middedorp. Kayamandi is aan die noordekant en die buurte Onder-Papegaaiberg (Voëltjiedorp) en Kleinvallei aan die westekant. Adam Tasweg skei dit van Die Boord. Aan die suidekant is ook die Bergkelder, die ondergrondse verouderingskelders van ‘n drankprodusent. In die Papegaaiberg-begraafplaas lê verskeie bekende Suid-Afrikaners begrawe, naamlik onder andere D.F. Malan, T.E. Dönges, Karl Bremer, P.J. Schoeman, P.K. Albertyn, John du Plessis, Carl Otto Hager, Peter Heinrich Brincker, Johannes Samuel Hahn, Paul Sauer, Danie Craven. Otto du Plessis, Hester Krüger, Hans Endler en Roland P. Perold.
Geskiedenis
wysigSimon van der Stel het gewoonlik sy verjaardag op Stellenbosch kom vier. By die gepaardgaande kermis was daar sedert 1686 ‘n skyfskietkompetisie waar die houtskyf die vorm van ‘n papegaai aangeneem het. Hagelsberg, die aanvanklike naam van die kop, is deur die skutters gebruik om te oefen voor die werklike wedstryd. In 1706 het die VOC in Batavia ‘n bevel uitgereik wat papegaaiskiet in gebiede onder sy beheer verbied.
Bibliografie
wysig- Johnson Barker, Brian: Stellenbosch – place of gables, oaks & wine. Kaapstad: Struik, 1992. ISBN 1-86825-149-7