Phycidae
Die Kliplinge (Phycidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Gadiformes. Daar is vyf genera met sewe en twintig spesies wat hoort tot dié familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die familie se klassifikasie is nog nie gefinaliseer nie.
Phycidae | |
---|---|
Phycis blennoides | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Phycidae
|
Genera | |
Kenmerke
wysigDie familie se lywe is lank met die kieue splete wat hoër as die pektorale vinne strek. Die meeste spesies leef op die kontinentale bank terwyl enkele spesies in riviermondings of varswater leef. Die grootte wissel van 16 cm tot 1.2 m.
Genus
wysigDie volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Gaidropsarus
- Gaidropsarus capensis - Kaapse klipling
- Gaidropsarus novaezelandiae
Sien ook
wysigBron
wysig- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7