Die Plataanboom of Platanus [1]) is 'n genus bestaande uit 'n klein aantal boomspesies wat inheems is aan die Noordelike Halfrond. Die boom is die enigste lewende lid van die familie Platanaceae.

Plataanboom
Blare en vrugte van 'n Londense plataanboom
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Platanaceae
Genus: Platanus
L.
Spesies

Sien hieronder

'n Plataanboom in Trsteno, naby Dubrovnik, Kroasië
Die ryp vrug van 'n plataanboom

Die volwasse bome bereik 'n hoogte van 30–50 m (98–164 ft). Almal behalwe Platanus kerrii is bladwisselend, en die meeste bome word gevind in ripariese of ander vleiland habitatte in die natuur, alhoewel die boom droogtebestand is in aankweking. Die hibriede Londense plataanboom (Platanus × acerifolia) is uitstekend aangepas vir stedelike omgewings, en is wyd aangeplant in Londen en elders in die Verenigde Koninkryk en Europa.

In Engels is die bome ook bekend as "planes" of "plane trees". 'n Naam wat voorheen in Engels gebruik is maar nou minder voorkom is plantain tree. Sommige Noord-Amerikaanse spesies staan bekend as sycamores (veral Platanus occidentalis),[2] alhoewel die term ook gebruik word vir verskeie onverwante boomspesies. Die genusnaam Platanus is afkomstig van die Oudgrieks πλάτανος, wat verwys na die Platanus orientalis.

Spesies

wysig

Die volgende is erkende spesies van die plataanboom:

Botaniese naam Algemene name Verspreiding en taksonomiese aantekeninge Blomkoppe Sistematiek
Platanus × acerifolia (Aiton) Willd.

(sin. P. × hispanica Mill. ex Muenchh., P. hybrida)

Londense plataanboom, hibriede plataanboom Wêreldwyd, aangekweekte oorsprong;

hibried van P. occidentalis en P. orientalis

1–6 Subgenus Platanus;

interliniêre hibried of baster

Platanus chiapensis Standl. IPNI Chiapas-plataan Meksiko (Chiapas);

deel van P. mexicana spesie-aggregaat, waarskynlik 'n junior sinoniem van P. lindeniana

2–7 Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus gentryi Nixon & J.M.Poole IPNI "Gentry's plane" Mexiko (drielandpunt-gebied van Chihuahua, Sinaloa en Sonora);

deel van die P. racemosa spesies aggregaat

? Subgenus Platanus,

PNA-E klade

Platanus kerrii Gagnep. Kerr se plataan Laos, Vietnam 10–12 Subgenus Castaneophyllum

J.-F.Leroy

Platanus mexicana Moric. sensu lato Meksikaanse plataan Meksiko, Guatemala;

in 'n eng sin sinoniem met P. mexicana var. interior Nixon & Poole, beperk tot Guanajuato, Hidalgo, Querétaro en San Luis Potosí, en van hibriede oorsprong

s.l.: 1–7

s.str: 1–3

Subgenus Platanus.

ANA klade

Platanus lindeniana syn Platanus Occidentalis var LindenianaM.Martens & Galeotti IPNI Meksiko (Chiapas, Hidalgo, Puebla, Oaxaca, Veracruz), Guatemala;

deel van P. mexicana spesies aggregaat, sinoniem met P. mexicana var. mexicana volgens Nixon & Poole

(1–)2–5(–7) Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus oaxacana Standl. Oaxaca-plataan Meksiko (Oaxaca); deel van die P. mexicana spesies aggregaat,

junior sinoniem van P. lindeniana of afsonderlike spesie

2–4 Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus occidentalis L. "American sycamore", Amerikaanse plataan, "buttonwood", "occidental plane", "water beech" Kanada (Ontario), Verenigde State 1–2 Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus palmeri (Kuntze) ined. Meksiko (Coahuila) en Verenigde State (Texas) 1–2 Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus rzedowskii Nixon & J.M.Poole IPNI Rzedowski se plataan, "Rzedowskii's sycamore" Meksiko (Nuevo León, San Luis Potosí, Tamaulipas) 1–2 Subgenus Platanus,

ANA klade

Platanus orientalis L. Oosterse plataan Eurasië 3–6 Subgenus Platanus

PNA-E klade

Platanus racemosa Nutt. "California sycamore", "western sycamore", "aliso" Verenigde State (Kalifornië), Meksiko (Neder-Kalifornië) 3–7 Subgenus Platanus

PNA-E klade

Platanus wrightii S.Watson "Arizona sycamore" Verenigde State (Arizona, Nieu-Meksiko), Meksiko (Sonora, Chihuahua);

deel van die P. racemosa spesies aggregaat

2–4 Subgenus Platanus

PNA-E klade

Galery

wysig

Verwysings

wysig

Eksterne skakels

wysig
 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Plataanboom