Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
In die eindstryd van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 in Doebai , Verenigde Arabiese Emirate , verslaan Nieu-Seeland Suid-Afrika met 32 lopies en palm sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbeker in.
In die eindstryd van die T20I-wêreldbeker 2024 op die Kensington-ovaal in Bridgetown , Barbados verslaan Indië Suid-Afrika met sewe lopies en palm sodoende sy tweede T20I-wêreldbekertitel in.
Krieket Suid-Afrika maak die agt stadions op die kortlys vir die Krieketwêreldbeker 2027 bekend, hulle is Bolandpark in die Paarl , Buffalopark in Oos-Londen , SuperSport-park in Centurion , Kingsmead in Durban , Mangaung-ovaal in Bloemfontein , Nuweland in Kaapstad , St. Georgespark in Gqeberha en Wanderers in Johannesburg .
Die Suid-Afrikaanse krieketkaptein en -keurder Mike Procter sterf op 77 in Durban .
In die eindstryd van die o/19-krieketwêreldbeker in Suid-Afrika verslaan Australië Indië met 79 lopies en palm sodoende sy vierde o/19-titel in.