Portaal:Sport/Nuus
- Die titelverdediger Emirates Team New Zealand, Taihoro wen die America's Cup teen die uitdager INEOS Britannia, Britannia RB3 uit die Verenigde Koninkryk.
- In die eindstryd van die T20I-vrouewêreldbeker 2024 in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, verslaan Nieu-Seeland Suid-Afrika met 32 lopies en palm sodoende sy eerste T20I-vrouewêreldbekertitel in.
- Die Suid-Afrikaanse Springbokke wen sy vyfde titel tydens die 2024-Rugbykampioenskapreeks, terwyl Fidji tydens die Stille Oseaan-nasiesbeker sy sewende titel inpalm.
- In Parys, Frankryk, is die Paralimpiese Somerspele 2024 met 'n skouspelagtige sluitingseremonie beëindig.
- Tydens die VSA-Ope wen die Belarussiese tennisspeler Aryna Sabalenka haar derde Grand Slam-toernooi, terwyl die Italiaanse tennisspeler Jannik Sinner sy tweede toernooi inpalm.