2024-Rugbykampioenskapreeks
Die 2024-Rugbykampioenskapsreeks was die twaalfde jaarlikse rugbytoernooi tussen die nasionale spanne van Argentinië, Australië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die kompetisie word bedryf deur SANZAAR, ’n gesamentlike onderneming van die vier lande se nasionale rugbyunies. Die spanne is onderskeidelik die Pumas, Springbokke, Wallabies en die All Blacks.
Kenteken van die Rugbykampioenskap | |
Datums | 10 Augustus - 28 September |
---|---|
Kampioen | Suid-Afrika (5 titels) |
Wedstryde gespeel | 12 |
Drieë gedruk | 77 (6.42 per wedstryd) |
Bywoning | 531 010 (44 251 per wedstryd) |
Meeste punte | Damian McKenzie (62) |
Meeste drieë | Caleb Clarke (6) |
← 2023 2025 → | |
Tydens die toernooi het elke span hul wedstryde tuis en weg gespeel. Elke land het drie wedstryde aangebied, maar nie eweredig oor hul mededingende nasies nie. Argentinië was twee keer gasheer vir Australië en Suid-Afrika een keer; Australië het Suid-Afrika twee keer gehuisves en Nieu-Seeland een keer; Nieu-Seeland was twee keer gasheer vir Argentinië en Australië een keer; en Suid-Afrika was twee keer gasheer vir Nieu-Seeland en Argentinië een keer.
Die toernooi het op 10 Augustus afgeskop met Australië teen Suid-Afrika en Nieu-Seeland as gasheer vir Argentinië, en sewe weke later afgesluit (ses rondes en twee loslootjies) op 28 September toe Australië Nieu-Seeland besoek het en Argentinië in Suid-Afrika gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die vyfde keer gewen. Buitendien het hulle die Mandela Uitdaagplaat en die Vryheidsbeker ingepalm, terwyl Nieu-Seeland die Bledisloebeker gewen en Argentinië met die Poematrofee weggestap het.
Formaat
wysigDie formaat vir die 2022-toernooi was soortgelyk aan dié van vorige jare. Elke span het ’n totaal van ses wedstryde elk gespeel, en twaalf in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste drie drieë meer as die teenstander in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die kompetisie se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.[1]
Telkaart
wysigNasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
2 | Suid-Afrika | 6 | 5 | 0 | 1 | 188 | 94 | +94 | 4 | 24 |
1 | Nieu-Seeland | 6 | 3 | 0 | 3 | 175 | 138 | +37 | 4 | 16 |
4 | Argentinië | 6 | 3 | 0 | 3 | 170 | 195 | –25 | 2 | 14 |
3 | Australië | 6 | 1 | 0 | 5 | 107 | 213 | –106 | 1 | 5 |
Wedstryddatums
wysigDatum | Datum | ||
---|---|---|---|
Week 1 | 10 Augustus | Week 4 | 7 September |
Week 2 | 17 Augustus | Week 5 | 21 September |
Week 3 | 27 Augustus | Week 6 | 28 September |
Week 1
wysig10 Augustus 2024 | Australië | 7–33 | Suid-Afrika | Suncorpstadion, Brisbane, Australië | |
14:45 (AEST) | Drie: Hunter Paisami Doelskop: Tom Lynagh Kaart: Andrew Kellaway 30' tot 40' |
Verslag | Drieë: Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse (2), Kwagga Smith Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu (4) Kaarte: Malcolm Marx 67' tot 77', Marco van Staden 72' tot 80', Jesse Kriel 79' tot 80' |
Bywoning: 52 019 Skeidsregter: Luke Pearce (ENG) | |
|
10 Augustus 2024 | Nieu-Seeland | 30–38 | Argentinië | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:05 (NZST) | Drieë: Sam Darry, Anton Lienert-Brown, Mark Telea Doelskoppe: Damian McKenzie (3) Strafdoele: Damian McKenzie (3) |
Verslag | Drieë: Lucio Cinti, Mateo Carreras, Franco Molina, Agustín Creevy Doelskoppe: Santiago Carreras (3) Strafdoele: Santiago Carreras (4) |
Bywoning: 25 000 Skeidsregter: Angus Gardner (AUS) | |
|
Week 2
wysig17 Augustus 2024 | Nieu-Seeland | 42–10 | Argentinië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:05 (NZST) | Drieë: Damian McKenzie, Ardie Savea, Caleb Clarke, Will Jordan (2), Beauden Barrett Doelskoppe: Damian McKenzie (6) Kaart: Asafo Aumua 76' tot 80' |
Verslag | Drie: Juan Cruz Mallía Doelskop: Tomás Albornoz Strafdoel: Santiago Carreras |
Bywoning: 48 000 Skeidsregter: Andrea Piardi (ITA) | |
17 Augustus 2024 | Australië | 12–30 | Suid-Afrika | Perth-stadion, Perth, Australië | |
19:45 (AEST) | Strafdoele: Noah Lolesio (4) Kaart: Seru Uru 76' tot 80' |
Verslag | Drieë: Aphelele Fassi, Marco van Staden, Malcolm Marx (2) Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu, Handré Pollard Strafdoele: Sacha Feinberg-Mngomezulu (2) |
Bywoning: 58 197 Skeidsregter: Paul Williams (NZL) | |
|
Week 3
wysig31 Augustus 2024 | Suid-Afrika | 31–27 | Nieu-Seeland | Ellispark, Johannesburg, Suid-Afrika | |
17:00 (SAST) | Drieë: Bongi Mbonambi, Kwagga Smith, Grant Williams Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu (2) Strafdoele: Sacha Feinberg-Mngomezulu (4) Kaart: Aphelele Fassi 6' tot 16' |
Verslag | Drieë: Codie Taylor, Caleb Clarke (2), Jordie Barrett Doelskoppe: Damian McKenzie (2) Strafdoel: Damian McKenzie Kaart: Ofa Tu’ungafasi 68' tot 78' |
Bywoning: 62 000 Skeidsregter: Andrew Brace (IRL) | |
31 Augustus 2024 | Argentinië | 19–20 | Australië | Estadio Jorge Luis Hirschi, La Plata, Argentinië | |
19:00 (ART) | Drie: Juan Martín González Doelskop: Santiago Carreras Strafdoele: Santiago Carreras (3), Tomás Albornoz |
Verslag | Drieë: Jake Gordon, Rob Valetini Doelskoppe: Noah Lolesio Strafdoele: Noah Lolesio, Ben Donaldson |
Bywoning: 28 000 Skeidsregter: James Doleman (NZL) | |
|
Week 4
wysig7 September 2024 | Suid-Afrika | 18–12 | Nieu-Seeland | Kaapstad-stadion, Kaapstad, Suid-Afrika | |
17:00 (SAST) | Drieë: Siya Kolisi, Malcolm Marx Doelskop: Handré Pollard Strafdoele: Handré Pollard, Sacha Feinberg-Mngomezulu Kaarte: Jasper Wiese 14' tot 24', Willie le Roux 62' tot 72' |
Verslag | Strafdoele: Damian McKenzie (4) Kaarte: Sevu Reece 16' tot 26', Tyrel Lomax 73' tot 80' |
Bywoning: 57 733 Skeidsregter: Matthew Carley (ENG) | |
|
7 September 2024 | Argentinië | 67–27 | Australië | Estadio Brigadier General Estanislao López, Santa Fe, Argentinië | |
16:00 (ART) | Drieë: Mateo Carreras, Julián Montoya, Juan Martín González, Pablo Matera, Joaquín Oviedo (2), Juan Cruz Mallía (2), Lucio Cinti Doelskoppe: Tomás Albornoz (6), Santiago Carreras (2) Strafdoele: Tomás Albornoz (2) |
Verslag | Drieë: Carlo Tizzano, Andrew Kellaway, Tate McDermott Doelskoppe: Ben Donaldson (2), Tom Lynagh Strafdoele: Ben Donaldson (2) Kaart: Andrew Kellaway 80' tot 80' |
Bywoning: 30 000 Skeidsregter: Pierre Brousset (FRA) | |
|
Week 5
wysig21 September 2024 | Australië | 28–31 | Nieu-Seeland | Telstra-stadion, Sydney, Australië | |
15:45 (AEST) | Drieë: Fraser McReight, Matt Faessler (2), Hunter Paisami, Tom Wright Doelskoppe: Noah Lolesio (4) |
Verslag | Drieë: Will Jordan, Rieko Ioane, Caleb Clarke, Ardie Savea Doelskoppe: Damian McKenzie (4) Strafdoel: Damian McKenzie Kaarte: Anton Lienert-Brown 65' tot 75', Caleb Clarke 72' tot 80' |
Bywoning: 68 061 Skeidsregter: Karl Dickson (ENG) | |
|
21 September 2024 | Argentinië | 29–28 | Suid-Afrika | Estadio Único Madre de Ciudades, Santiago del Estero, Argentinië | |
18:00 (ART) | Drieë: Mateo Carreras, Pablo Matera, Joel Sclavi, Tomás Albornoz Doelskoppe: Tomás Albornoz (3) Strafdoel: Tomás Albornoz |
Verslag | Drieë: Aphelele Fassi, Jesse Kriel, Cobus Reinach Doelskoppe: Handré Pollard (2) Strafdoele: Handré Pollard (2), Manie Libbok Kaart: Kurt-Lee Arendse 17' tot 27' |
Bywoning: 25 000 Skeidsregter: Christophe Ridley (ENG) | |
|
Week 6
wysig28 September 2024 | Nieu-Seeland | 33–13 | Australië | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:05 (NZST) | Drieë: Sevu Reece, Will Jordan, Caleb Clarke, Tamaiti Williams Doelskoppe: Beauden Barrett (4) Kaart: Caleb Clarke 77' tot 80' |
Verslag | Drie: Fraser McReight Doelskop: Noah Lolesio Strafdoele: Noah Lolesio (2) |
Bywoning: 32 000 Skeidsregter: Nika Amasjoekeli (GEO) | |
|
28 September 2024 | Suid-Afrika | 48–7 | Argentinië | Mbombela-stadion, Nelspruit, Suid-Afrika | |
17:00 (SAST) | Drieë: Aphelele Fassi (2), Pieter-Steph du Toit (2), Cheslin Kolbe, Malcolm Marx, Jesse Kriel Doelskoppe: Jaden Hendrikse (2), Handré Pollard (3) Strafdoel: Jaden Hendrikse |
Verslag | Drie: Tomás Albornoz Doelskop: Tomás Albornoz Kaarte: Mateo Carreras 29' tot 39', Santiago Carreras 68' tot 78', Pablo Matera 55' |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NZL) | |
|
Rugbykampioenskapreekskampioen 2024 |
---|
Suid-Afrika |
Statistiek
wysigMeeste punte en drieë
wysigMeeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (en) "SANZAR – About The Rugby Championship". SANZAAR. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 14 September 2017.
- ↑ (en) "Tizzano To make Debut For Wallabies Against Springboks". Superrugby. 8 Augustus 2024. Besoek op 5 Oktober 2024.
- ↑ (en) Nathan Williamson (2 September 2024). "'One for the memory books': Patience rewarded as Stewart reflects on Wallabies debut". Australiese Rugbyunie. Besoek op 5 Oktober 2024.
Eksterne skakels
wysig- (en) Amptelike webwerf